Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Verwar deur foutrapportering?

Daar is vele maniere om IT te kontak as jou rekenaar jou `n moeilike tyd gee. Almal weet hulle kan die IT Dienstoonbank by 808 4367 skakel om `n rekenaarfout te rapporteer, maar jy kan ook `n e-pos stuur help@sun.ac.za.

Om `n fout suksesvol aan te meld, benodig die Dienstoonbank die volgende inligting:

1.’n Beskrywing van die probleem
2. Telefoonnommer
3. Kamernommer
4. Departement en gebou
5. Batenommer van rekenaar, skootrekenaar en drukker, ens.

‘n Versoek word outomaties aangeteken in die IT versoekstelsel en ‘n verwysingsnommer word aan jou gestuur per e-pos. Dié verwysingsnommer kan gebruik word indien navraag gedoen word ivm die status van die versoek.

Indien jy wil kontroleer wat die status van jou versoek is, gaan na  https://iheat.sun.ac.za/hss en teken aan met jou gebruikersnaam en wagwoord.

Kliek op die betrokke CallID in die lys wat op die skerm vertoon word.

Status sal aandui wat die vorderingstatus van die versoek is.

Solved en Closed statuse dui aan dat die versoek afgehandel is.*

Responded dui aan dat ‘n IT tegnikus bewus is van die versoek en die gebruiker, telefonies of per e-pos, gekontak het.

Acknowledged dui aan dat ‘n IT tegnikus bewus is van die versoek, maar nog nie noodwendig die gebruiker gekontak het nie.

*Oproepe sal ook gesluit word as tegnici die gebruiker reeds drie keer onsuksesvol probeer kontak het d.m.v. e-pos of telefonies of as die fout reeds vir `n week oop is. In hierdie geval sal `n e-pos outomaties aan jou gestuur word.

Neem kennis dat daar `n tweede e-posadres is, naamlik helpinfo@sun.ac.za. Hierdie e-pos is SLEGS vir algemene IT-verwante navrae. Dit teken nie outomaties jou fout aan op die stelsel nie en jy is dus nie verseker dat jou probleem dringend aandag sal kry nie. IT kan ook via Skype (handle = ITStellenUni) gekontak word vir navrae.

Navrae soos byvoorbeeld “Hoe doen ek aansoek vir ‘n IT diens?”, “Wat is die IT aankoop prosedure?”, ens. Antwoorde op navrae sal per e-pos gedoen word.

Alternatiewelik kan jy ook self jou probleem gaan aanmeld by https://iheat.sun.ac.za/webheat.

Meer inligting oor die verskillende opsies, kan gekry word op IT se wiki.

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.