Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoe om die meeste uit jou tablet te put

Tablette is nie goedkoop nie, maar hulle is beslis een van die beste beleggings wat jy as ’n studente kan maak. (lees ons vorige artikels oor die koop van `n  tablet en hoe om dit te gebruik om mee te leer)

Jy moet egter nie net ’n tablet koop en wondere verwag nie. Jy sal ’n paar aanpassings moet maak in hoe jy leer om die grootste voordeel uit jou belegging te trek.

Meer spesifiek, jy sal werklik jou tablet in jou leerervaring moet integreer: los jou notablok by die huis, kry al jou klasnotas in digitale vorm en begin om boeke in e-formaat te koop. Dit sal aanvanklik moeilik wees en jy sal dalk bevraagteken of dit uiteindelik alles die moeite werd is. Maar sodra jy jou werkvloei by jou tablet aangepas het, sal jy die voordele tienvoudig trek.

Verder sal jy ook die beste apps vir die werk moet kry. Net soos rekenaars sagteware soos Microsoft Word kan laat loop, het tablette ook klein sagtewarepakkette wat as “apps” bekend staan. Daar is letterlik honderde duisende apps wat vir beide iOS en Android beskikbaar is – elk van hulle voer spesifieke funksies uit en werk goed in spesifieke kontekste. Die meeste apps is goedkoop (minder as $5 of R50) en kan help om jou produktiwiteit drasties te verhoog.

Kyk na hierdie blogartikel vir ’n lys nuttige iOS apps vir studente. En vir Android, kyk na hierdie opsomming.

WENK: Vir ’n gids oor apps koop, kyk na hierdie artikel vir iOS en hierdie een vir Android.

Kan ’n tablet ’n rekenaar vervang?

Indien koste jou grootste bekommernis is en jy tussen ’n tafelrekenaar/skootrekenaar of ’n tablet moet kies, sal jy seker wonder of laasgenoemde eersgenoemde volledig kan vervang.

Die kort antwoord – ten minste tans – is NEE. iPads en Galaxy Tabs (sowel as ander Android-toestelle) is baie nuttig en sal feitlik alle daaglikse take kan uitvoer wat studente moet verrig, bv. om die web te deurblaai, e-pos te lees, toegang te kry tot ’n leerbestuurstelsel (bv. SUNLearn), notas te maak, ens.

Jy kan selfs opstelle en verslae op ’n tablet skryf (hoewel jy vir sulke swaardiens tikwerk moontlik ook ’n eksterne sleutelbord sal moet koop). Jy sal egter nie dieselfde sagteware kan loop as wat jy of ’n persoonlike rekenaar of Mac kan doen nie, omdat die sagtewareplatforms verskil. Met ander woorde: indien jou kursus vereis dat jy gespesialiseerde sagteware moet gebruik (soos geïntegreerde drywer elektronika vir programmering (programming IDE – integrated drive electronics) of rekenaargesteunde ontwerpsagteware (CAD – computer-aided design software), sal jy heel moontlik nie net ’n tablet kan gebruik nie.

Hoewel dit definitief waar is dat ’n tablet die beste vir jou werk as jy ook ’n rekenaar/skootrekenaar het, moet jy ook in ag neem indien jy tussen die twee moet kies dat jy altyd die Universiteit se rekenaarsentrums (bv. HUMARGA of FIRGA) vir gespesialiseerde sagteware of swaardiens tikwerk kan gebruik. Hierdie is moontlik ’n goeie manier om die keuse tussen die aanskaffing van ’n rekenaar/skootrekenaar of ’n tablet te vermy.

Laastens moet jy daarop let dat sommige Windows-gebaseerde tablette (bv. die Microsoft Surface Pro) van dieselfde Windows-platform gebruik maak wat jy op ’n rekenaar vind. Tegnies is hierdie tablette dus volwaardige rekenaars in tabletvorm en kan hulle ’n tafelrekenaar/skootrekenaar heeltemal vervang. Hierdie tablette is egter duur en is nie juis gewild nie, wat jou twee keer moet laat dink voor jy besluit om een te koop.

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

Tags:

2 Responses to “Hoe om die meeste uit jou tablet te put”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Glad we could help Jean!

  2. Jean says:

    Thank you for this useful information. I have both laptop and Galaxy Tab and while I find my laptop is irreplacable, the tab is mighty useful on the plane and airport as well as reading and working while doing schoolruns with the kids when one has that odd 20 or 40 minutes wait in the car. My son will start varsity in a year’s time and this really helps with making the decision which to get him first.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.