Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wil jy `n boek binne 90 minute lees?

Te veel om te doen, te min tyd! Klink dit bekend? Dis geen wonder ons raak gefrustreerd as ons skielik opgesaal word met `n stapel leesstof waardeur ons moet werk nie.

Te danke aan die geleidelike afname van ons aandagspan te danke aan tegnologie en die toename van e-boeke, word “rapid serial visual presentation technology”, of te wel RSVP, word al meer populêr. Dis nie nuwe tegnologie nie, inteendeel, dis alreeds vir `n dekade in die rondte. (*sien onder vir alternatiewe spoedlesers)

spritzDie nuutste van hierdie toepassings, is Spritz. Die Boston-gebaseerde spesialiseer in teksstroom tegnologie en hoe dit geintegreer kan word in ons daaglikse kommunikasie. Die Samsung Gear S slimhorlosie is selfs vrygestel met Spritz reeds daarop geinstalleer.

Wanneer ons lees, gebruik ons slegs 20% van die tyd om dit wat ons lees te verwerk, beweer Spritz. Die orige 80% word vermors omdat ons oë heen-en-weer moet beweeg en soek na die “Optimale Herkenningspunt”(ORP).

Die ORP is `n spesifieke gedeelte van `n woord wat jou brein moet verwerk om die geskrewe teks te kan vertsaan. Dit voeg dan elke woord saam om `n logiese sin te vorm. Spritz doen hierdie verwerking vir jou deur die OPR in rooi uit te lig en elke keer op dieselfde plek op die skerm te posisioneer. Gevolglik fokus jou oë net op een plek en jy kan vinniger lees.

Met Spritz kan jy jou eie leesspoed kies – van 250 woorde per minuut tot 1000 woorde per minute. Met oefening kan jy jou leesspoed verhoog en sal jy nie net vinniger ees nie, maar ook meer effektief en verstaan wat jy lees.

Ons het Spritz getoets en dit laat jou wel toe om baie vinniger te lees as wat jy normaalweg sou. As jy dokumentasie vir werk of navorsing moet lees, kan Spritz moontlik jou lewe makliker maak. Maar wil jy regtig `n roman binne `n uur en `n half klaarlees? (Heeltemal moontlik volgens Spritz)

Hierdie leesmetode kan wel tot voordeel strek vir persone wat ly aan disleksie, `n kort aandagspan of enige ander leesgebreke.

Spritz is beskikbaar in beide `n toepassing vir jou foon of e-leser, maar kan ook geinstalleer word as `n webblaaier-ekstra. Beide kan gratis afgelaai word by www.spritzinc.com.

*Alternatiewelik kan jy ook SpreederQuickreaderRead Quick or Firefox se RSVP -leser, probeer.

[BRONNE: www.cbsnews.com, www.time.com, www.globalnews.com, www.abcnews.com]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.