Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Vergeet van Windows 9, hier is Windows 10

Windows_10_LogoEinde September het Microsoft sy nuwe bedryfstelsel, met die kodenaam Threshold aangekondig. Threshold sou ook bekendstaan as Windows 10, nie as Windows 8 soos Microsoft-gebruikers sou verwag nie. Ten spyte van spekulasie wou Microsoft self nie uitbrei oor hul redes vir dié benaming nie.

Hoe dit ookal sy, Windows 10 sal eers in 2015 beskikbaar gestel word aan die publiek. `n Tegniese voorskou is wel vrygestel en beskikbaar op Microsoft se webwerf.  As jy dit aflaai, word jy outomaties lid van Microsoft se Insider Program, wat jou outomaties in kennis stel van enige veranderings en opdaterings. Die tegniese weergawe is slegs bedoel vir gevorderde gebruikers wat wil rondspeel en die beta-weergawe toets. Microsoft beveel aan dat jy dit nie as jou hoofbedryfstelsel gebruik nie, maar eerder op `n toetsrekenaar.

Maar wat maak Windows 10 anders as Windows 8, of selfs Windows 7?

Windows 10 poog om die tekortkominge van die koppelvlak wat met Windows 8 bekendgestel is aan te spreek. Dit word gedoen deur die gebruikersondervinding met toestelle wat nie raakskerm-tegnologie gebruik nie, byvoorbeeld skootrekenaars en tafelrekenaars, te verbeter. Windows 8 was problematies vir gebruikers van hierdie toestelle vanweë sy fokus op raakskerm-toestelle en beperking vir muis- en sleutelbordgebruikers

“the right experience on the right device at the right time.”

Volgens Terry Myerson van Microsoft is Windows 10 die mees omvangryke platform ooit en verskaf dit `n enkele, verenigde platform vir tafelrekenaars, skootrekenaars, tablette, slimfone en alles-in-een-toestelle. Windows 10 sal steeds raakskerm-tegnologie gebruik, maar onderskei dit met `n ander modus, Continuum mode. Wanneer gebruikers `n sleutelbord of muis ontkoppel, sal hulle gevra word of hulle die tablet-modus wil aktiveer.

`n Groot verbetering is die terugkeer van die Start menu, waarmee daar in Windows 8 weggedoen en Microsoft hewiglik oor gekritiseer is weens die gebrek aan gebruikersvriendelikheid. Die nuwe Start menu is `n kombinasie van Windows 8 se Metro teëls en die pre-Metro spyskaart. Teëls kan nou rondgeskuif, vergroot en aangepas word volgens `n gebruiker se behoefte. Die spyskaart pas outomaties aan by hierdie veranderings.

Die nuwe Start menu maak dit ook makliker om items op te spoor, of dit `n toepassing, program of funksie is. Jy tik bloot jou item in die teksgebaseerde veld. Resultate verskyn soos jy tik, ook internetresultate.

Ander toevoegings sluit `n slim stemassistent, Cortana, in. Cortana is reeds populêr by Windows foongebruikers.

Veelvuldige virtuele werkskerms is nog `n nuutjie vir Windows 10. Jy kan nou veelvuldige werkareas skep en maklik heen en weeg tussen hulle wissel. Veral handig as jy `n tweede monitor gebruik.

[BRONNE: www.wikipedia.orghttp://www.digitaltrends.com, http://technology.iafrica.com]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.