Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Sal jy kan afskakel?

Volgens sielkundige en neuro-wetenskaplike Sean Luo van die Universiteit van Columbia, weerspieël 3.7 tot 13 persent van Amerika en 10 persent van Suid-Korea se internetgebruikers simptome van internetverslawing of ontoepalike internetgebruik. (http://www.cbsnews.com/news/how-real-a-risk-is-social-media-addiction/) In China is rehabilitasiekampe vir internetverslaafdes reeds `n algemene verskynsel. Algemene bewuswording rondom internet en sosiale media verslawing is gelukkig ook aan die toeneem.

Verlede week is berig dat dokters `n man opgeneem het in die Amerikaanse vloot se middelmisbruik-program vir sy verslawing aan Google Glass. Hy het die kopstuk vir tot 18 ure per dag gedra en wanneer dit verwyder word, ernstige onttrekkingsimptome ervaar. Self as hy dit nié gedra het nie, het hy kompulsief sy regterslaap, waar die toestel normaalweg geaktiveer word, getik. Hy is gevolglik gediagnoseer met IAD (Internet Addiction Disorder)

Dis egter nie `n nuwe verskynsel nie. Reeds is 1996, kort nadat die internet ons lewens betree het, is internetverslawing reeds herken as `n moontlike psigiatriese afwyking. Selfs al is dit nie amptelik opgeneem in die nuutste DSM(Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders)-handleiding, wat gebruik word deur psigiaters nie, behoort dit te wees volgens kenners. Psigiaters verkies ook die term PUI (Problematic Internet Use bo die gebruik van die woord “verslawing”. PUI verwys na die buitengewone hoë gebruik van rekenaars in so `n mate dat dit inbraak maak om `n persoon se daaglikse lewe.

Die diagnose vir internetverslawing is nie `n maklike een nie, aangesien iemand nie verslaaf raak aan die medium self nie, maar eerder aan die beskikbare aanlyn-inhoud. Die internet is slegs die platform daarvoor. Daar word ook beweer dat IAD bloot `n simptoom is vir ander onderliggende afwykings eerder as een op sy eie. Vele ander verwante verslawings val onder die algemene IA-term, byvoorbeeld dobbelverslawing, verslawing aan internetverhoudings, aanlyn inkopies, ens. (meer detail oor IAD kan gevind word op www.wikipedia.org)

Sou jy kon afskakel, selfs net vir `n dag? Wat van dié naweek sonder Facebook, Twitter of e-pos? Dink net hoeveel tyd sal jy hê vir ander aktiwiteite …

In 2013 het Paul Miller, `n Amerikaanse joernalis van Springfield, Missouri en senior-redakteur van The Verge besluit om af te skakel van die altyd-verbinde aanlyn wêreld waarin hy hom bevind het. Sy doel was om “homself te vind” en meer produktief te wees. Hy’t homself afgesny van die internet te gebruik, ophou sosiale media gebruik en teruggegaan na `n wêreld voor internet, toepassings en slimfone. Jy kan sy praatjie hieronder kyk en hoor hoe sy ervaring was.

Ander verwante videos en kortfilms:

https://www.youtube.com/watch?v=Z7dLU6fk9QY
https://www.youtube.com/watch?v=OINa46HeWg8
https://www.youtube.com/watch?v=e0H6AzEMHSc

[BRONNE: http://www.zdnet.comhttp://www.cbsnews.com, http://www.wikipedia.org]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.