Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Selfs e-posse kan gekaap word

1102037_mailDie afgelope tyd word daar toenemend kuberstrikroof-gevalle aangemeld by IT. Die voorkoms hiervan is niks nuut nie, ons het reeds aan die begin van die jaar verslag gedoen oor `n voorval op Tygerberg.

Die risiko van kuberstrikroof, of te wel phishing groei by die dag as gevolg van ons groeiende gebruik van sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram ens. Dis ook hierdie groot webwerwe wat geteiken word omdat daar soveel potensiële data is om te gebruik.

Al hierdie groot webwerwe vereis `n wagwoord en ongelukkig is daar die geneigdheid om dieselfde wagwoord deurlopend te gebruik. Sodra `n kuberkrimineel dus een wagwoord bekom het, het hy toegang tot al jou sosiale netwerke, maar ook tot meer inligting. As jy jou sun-adres op hierdie tipe sosiale netwerke gebruik, stel jy ook die US bloot.

Indien kuberkriminele toegang tot jou sun posbus kry, het hy nie net toegang tot al jou eie en US-inligting nie, maar kan hy ook in jou naam massa e-posse stuur. Die resultaat hiervan is dat die US e-posbedieners lam gelê word deur die onhanteerbare hoeveelheid e-pos en dit implikasies het vir alle gebruikers op kampus.

Tweedens doen dit jou naam skade aangesien jy gesien word as die verantwoordelike persoon, al is jy nie die skuldige nie. Jou adres kan selfs geblok word deur ander bedieners weens hierdie optrede. In `n onlangse geval het IT bewus geword van `n personeellid wat `n slagoffer was van phishing nadat die kantoor van die Vise-President, Cyril Ramaphosa, `n klagte ingedien het.

Moet nooit jou US gebruikersnaam en wagwoord op enige eksterne webwerf gebruik vir toegang nie. Registreer vir jou `n unieke e-pos adres by Google (www.gmail.com), Yahoo of enige gratis e-pos verskaffer. Op so `n manier hou jy jou privaat en werksinligting apart en verminder jy die risiko dat jou e-pos die oorsaak is dat toegang bekom word tot stelsels en sensitiewe inligting.

Addisionele inligting oor phishing kan ook op ons wiki gevind word.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.