Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Foon voete gekry?

Dis senutergend as jou selfoon skielik soos mis voor die son verdwyn het – of dit nou regtig weg is, of net erens tussen die kussings van jou bank verlê is. Oor die volgende paar weke sal ons jou al die nodige inligting gee om jou foon na te speur en jou data te beskerm.

Eerste aan die beurt die week is Windows-slimfone.

Find My Phone kan jou rustig laat slaap as jou foon voete gekry het. Hierdie gratis diens in die My Phone-afdeling van windowsphone.com kan lui, sluit, uitvee of jou telefoon op `n kaart aandui vanaf enige rekenaar verbind aan die internet. Find My Phone maak dit maklik om jou foon op te spoor of te voorkom dat iemand dit gebruik sonder jou toestemming en wete.

Om meer te leer oor wat jy kan doen met My Phone – byvoorbeeld om jou OneDrive fotos te sien of toepassings te herinstalleer – loer by die My Phone FAQ.

Nota

As jy sukkel om Find My Phone aan die werk te kry, kyk by Error messages when using Find My Phone on windowsphone.com/my in Microsoft Support.

1.Om jou foon se ligging te bepaal

  1. Op jou rekenaar, maak `n webblaaier oop en gaan na windowsphone.com.
  2. Navigeer na die My Phone afrol-spyskaart, bo regs in die hoek van jou skerm en teken aan met dieselfde Windows Live ID wat jy op jou foon gebruik.
  3. In die My Phone-spyskaart, kliek Find My Phone.
  4. Kliek Find My Phone en volg die instruksies in die dialoogboksie (jy hoef dit slegs een keer te doen, daarna sal jou foon outomaties wys op die kaart as jy gaan na Find My Phone).
  5. As jou rekenaar verbind is aan `n drukker, kliek Print om `n harde kopie te kry van jou foon se ligging.

Wenke

    • As jy nie die nuutste ligging sien nie, kliek op Refresh.
    • As jy rondbeweeg het op die kaart en jou plek verloor het, kliek  Centre on map.

2. Om jou foon te laat lui

  1. Op jou rekenaar, maak `n webblaaier oop en gaan na windowsphone.com.
  2. Navigeer na die My Phone afrol-spyskaart, bo regs in die hoek van jou skerm en teken aan met dieselfde Windows Live ID wat jy op jou foon gebruik.
  3. In die My Phone-spyskaart, kliek Find My Phone.
  4. Kliek Ring, volg die instruksies in die dialoogboksie (jy hoef dit slegs eenkeer te doen)

Wenk

    • Indien jou foon lui, sal dit selfs lui wanneer die volume af of op vibreer is.

3. Om jou foon te sluit en `n boodskap te wys. 

  1. Op jou rekenaar, maak `n webblaaier oop en gaan na windowsphone.com.
  2. Navigeer na die My Phone afrol-spyskaart, bo regs in die hoek van jou skerm en teken aan met dieselfde Windows Live ID wat jy op jou foon gebruik.
  3. In die My Phone-spyskaart, kliek Find My Phone.
  4. Kliek Lock en volg dan die instruksies in die dialoogboksie. Indien jy nie reeds `n wagwoord opgestel het op jou foon nie, sal jy nou een moet insit – jy sal dit gebruik om die foon te ontsluit wanneer jy dit terugkry. Jy kan ook `n boodskap intik wat op jou foon se skerm sal verskyn. Tipies sou dit `n alternatiewe telefoonnommer of e-posadres wees sodat die persoon wat jou foon vind, jou kan kontak.

4. Om jou foon skoon te vee

  1. Op jou rekenaar, maak `n webblaaier oop en gaan na windowsphone.com.
  2. Navigeer na die My Phone afrol-spyskaart, bo regs in die hoek van jou skerm en teken aan met dieselfde Windows Live ID wat jy op jou foon gebruik.
  3. In die My Phone-spyskaart, kliek Find My Phone.
  4. Kliek op Erase. Op die bevestigingskerm, doen een van die volgende:
    • Om jou foon skoon te veel, kies I’m sure! Please erase my phone now, en kliek Erase.
    • As jy van plan verander het, kliek Cancel.

WAARSKUWING

Wees versigtig, hierdie is jou laaste kans om van plan te verander!

Nota

Dis `n goeie idee om vir jou selfoondiensverskaffer te laat weet dat jy jou foon verloor het.

5. Om verstellings te maak aan Find My Phone

Jy kan Find My Phone so opstel dat dit jou ligging elke paar ure stoor of eerder stoot-kennisgewings te gebruik in plaas van teksboodskappe om bevele na jou foon te stuur. Maak hierdie verstellings op jou foon, nie op jou rekenaar nie.

  1. By Start, beweeg links na die Application-lys en druk Settings.
  2. Druk Find My Phone.
  3. Kies een of beide van die volgende:
    • Connect to these features (mag meer batterykrag verg). Die Find My Phone-diens gebruik teksboodskappe om versoeke na jou foon te stuur. Kies hierdie opsie om eerder stoot-kennisgewings te gebruik. Hoekom? Stoot-kennisgewings kan vinniger wees as teksboodskappe, en as jou selfoonverskaffer jou geld vra vir elke inkomende teksboodskap, mag stoot-kennisgewings goedkoper wees.  My Phone kan ook net 15 teksbookdskappe na jou foon binne `n periode van 3 dae stuur. Met stoot-kennisgewings is daar geen beperking nie.
    • Save my location every few hours for better mapping. Microsoft kan jou foon se liggingsdetails elke paar uur stoor sodat, indien jou foon buite ontvangsgebied is of jou battery doodgaan, dit steeds jou selfoon se laaste ligging op `n kaart kan wys.

Oor twee weke kyk ons na opsporingsmeganismes vir Android, Blackberry en Apple slimfone.

[Information supplied by M.Ridoh Rylands, IT HUB]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.