Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

So wat doen ons nou eintlik?

servicecatMeeste van die tyd word IT beskou as die mense “wat rekenaars regmaak” of die e-pos of internet moet regmaak. Dis ook waar, maar, soos `n ysberg, is daar meer onder die oppervlak.

Om vir al ons gebruikers `n beter prentjie te teken van al die dienste waarmee IT-personeel hulself deur die jaar besighou, het ons `n gebruikersvriendelike (ons glo so!) dienskatalogus saamgestel in die vorm van `n webwerf.

Die katalogus bevat al ons dienste – die waarvan jy reeds weet en `n hele klompie onbekendes. Buiten `n volledige beskrywing van elke diens, verskaf ons instruksies oor hoe om daarvoor aansoek te doen, watter tye dit beskikbaar is en wie om te kontak as jy meer inligting daaroor wil hê.

Ons het ook `n handige A-Z funksie ingebou, `n webwerfkaart en skakels na al ons ander relevante hulpmiddele. `n Webgedeelte wat al ons nuutste bloginskrywings en nuus wys, sowel as `n lewendige Twitter-voer sal sorg dat jy op datum is met alles wat daar te weet is by IT.

Ons is natuurlik nuuskierig om te weet wat jy daarvan dink, so gaan kyk asb. by www.sun.ac.za/itservices en laat ons weet.

As jy enige voorstelle of kommentaar, goed of sleg, het, stuur vir ons `n e-pos by helpinfo@sun.ac.za. `n Terugvoer skakel en kontakknoppie is ook onderaan die dienskatalogus beskikbaar vir vinnige toegang.

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.