Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Word `n super-Googler

google-doodleGoogle voer meer as 2 miljoen soektogte uit per sekonde. Indrukwekkend né? Google se hoofkantoor gebruik ook nie grassnyers om hul grasperke mooi netjies te hou nie. O nee, hulle huur bokke om dit te doen! (meer interessante Google-feite)

Die woord Google het sinoniem geraak met die konsep van internetsoektogte ten spyte van die feit dat Google maar net een soekenjin is. Dat dit die grootste en waarskynlik die mees effektiewe is, mag wel `n goeie rede vir gebruikers se voorkeur wees.

Maar gebruik jy Google so goed en effektief as wat jy kan? Navorsing aan die Wesleyan Universiteit in Illinois in 2011 het bevind dat minder as 25% van studente `n behoorlike soektog na inligting kon uitvoer. Kom ons hoop dit het  intussen verbeter!

Dharmesh Shah van HubSpot het `n paar wenke voorgestel:

1. Aanhalingstekens

In plaas van bloot die twee woorde in Google in te tik, sit die frase in aanhalingstekens sodat Google die soektog beperk, byvoorbeeld “”

2. Sluit onnodige woorde uit

As jy byvoorbeeld  inligting soek oor bemarking, maar nie advertensies nie. Gebruik die “-” voor die woord wat jy wil uitsluit. Byvoorbeeld “bemarking -advertensies”.

3. Soektogte op spesifieke webwerwe

As jy reeds weet op watter webwerf jou inligting moontlik kan wees, sluit dit in by jou soektog. Byvoorbeeld: “bemarking” site:www.bizcommunity.com

4. Soortgelyke woorde en sinonieme

As jy `n spesifieke woord in jou soektog wil insluit, maar ook woorde met `n soortgelyke betekenis, sit “~” voor die woord.

5. Spesifieke dokumenttipes

As jy weet die dokument wat jy soek is `n pdf, kan jy die term filetype gebruik. Byvoorbeeld: “bemarking” filetype:pdf

6. Gebruik OR

Wanneer jy `n soektog uitvoer, soek Google al die terme wat jy insluit. Wanneer jy slegs een van die twee terme verlang, kan jy OR gebruik. Onthou net dit moet altyd in hoofletters gebruik word. Byvoorbeeld: bemaring OR advertensies

8. Telefoonnommers

Jy ontvang `n oproep op jou selfoon, maar weet nie wie se nommer dit is nie. Gebruik Google se foonboekfunksie. Byvoorbeeld: phonebook: 021-123456

9. Areakode

As jy nie weet vir watter area `n  areakode is nie, voer die 3-nommer kode in Google se soekboksie en jy sal die antwoord kry.

10. Numeriese reekse

Soek jy resultate wat net binne `n sekere tydperk val? Gebruik “..”. Byvoorbeeld president 1940..1950.

10. Aandele 

Voeg net `n geldige tikkersimbool in die soekveld en Google sal vir jou die huidige finansiële state en `n bondige aandele-tabel gee.

11. Sakrekenaar

Wanneer jy weer berekeninge moet doen, vergeet van die sakrekenaar-toepassing op jou rekenaar. Tik net jou som in Google in. Byvoorbeeld 48512 * 1.02

12. Woorddefinisies

Het jy vinnig `n woord se definisie nodig? Tik die woord met define daarvoor in Google. Byvoorbeeld:  define:plethora

Hopelik help dié paar wenke jou om nog vinniger by antwoorde uit te kom, maar as jy nog slimmer wil word, HackCollege het hierdie handige grafiese voorstelling gemaak om jou verder te help. Meer inligting kan ook op Google se ondersteuningsblad gevind word.

Google-infograhic

 

 

Infographic via HackCollege

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.