Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Whatsapp vir jou rekenaar

whatsappBaie van ons raak paniekbevange as ons buite selfoon of  WiF-ontvangs  is, terwyl ander op hul gelukkigste is in die middel van nerens met geen selfoontoring in sig. As jy in die eerste kategorie val, is jy waarskynlik ook `n geswore WhatsApp-gebruiker. 

Die goeie nuus is dat WhatsApp vanaf einde Januarie nie net op jou foon beskikbaar is nie, maar ook op jou tablet of rekenaar. Whatsapp Web gee aan gebruikers die gerief om gebruikers boodskappe te laat stuur en ontvang deur middel van `n webwerf.

Jou gesprekke sal ook outomaties gesinkroniseer word tussen Whatapp op jou selfoon en die toepassing op jou rekenaar.  Die enigste nadeel is dat dit slegs gebruik kan word met Google Chrome. As jy WhatsApp op jou rekenaar wil gebruik, kan jy die volledige instruksies op Cnet bekom.

Met die gemak en toeganklikheid van WhatsApp kom egter ook `n bietjie risiko. As jy gereeld Whatapp gebruik, kyk ook uit vir hierdie nuutste bedrogpogings.

 `n Nuwe WhatsApp Wangiri veldtog is tans in omloop waar gebruikers genoop word om `n internasionale oproep te maak wat gevolglik tot geweldige hoë kostes ly. 

Wangiri is `n tipe telefoonbedrog waar die skuldige lukrake nommers skakel en die foon neersit na een lui. `n Gemisde oproep wys dan op die ontvanger se foon. Die selfoongebruiker skakel terug omdat hy glo die oproep was vir hom bedoel en inderwaarheid skakel hy ‘n premium (en duur!) nommer.

WhatsApp-gebruikers kry `n boodskap met `n kontak aangeheg wat vra dat die “persoon” teruggebel word. Lees meer oor dié nuutste skema hier.

`n Tweede voorbeeld is `n SMS-veldtog kan WhatsApp-gebruikers R210-00 per maand uit die sak jaag. `n SMS word ontvang met die volgende bewoording word ontvang:

“You have not updated to the latest WhatsApp add-ons. Click here now [URL]. (Free MSG) 31655 optout dial 0110621424”. `n Skakel lei gebruikers na `n skerm met die boodskap “Update your wall 4 WhatsApp”.

Die fynskrif onderaan dui aan dat jy eintlik inskryf vir `n sosiale netwerk genaamd Buddiechat wat jou R7-00 per dag uit die sak gaan jaag. Gebruikers kliek onwetend op die skakel omdat hulle glo dis wettige WhatsApp-kommunikasie of omdat hulle in gedagte is. 

Lees die volledige artikel op mybroadband. 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.