Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Druk- en kopieerdienste op kampus

Sedert 1 Januarie 2015 val druk- en kopieerdienste onder die bestuur van Kommersiële Dienste in die nuwe afdeling by name Maties Kopieer en Druk (Maties Copy and Print). Die afdeling staan onder die bestuur van Joswayne Newman en sluit in die sentrale kopieerfasiliteite in. 

Die kern-uitgangspunte wat in die toekoms sal geld is die volgende:

  • Voortaan bestuur elke omgewing sy toerusting vir sy eie rekening (soos die kopieerdienste in die verlede was), vanuit sy unieke kostepunt.
  • Geen kruis subsidiëring tussen omgewings sal geld nie.
  • Die totale diens sal bestuur word met koste effektiwiteit en optimale netwerk integrasie as kern strategie.
  • Hoewel daar ʼn amptelike kampus tarief sal wees (35c vir A4 swart enkel kant gedruk), is die tarief suiwer gefokus op eenvormigheid vir studente gebruikers. Daar is ʼn volledige reeks tariewe beskikbaar wat kleur en A3 opsies insluit.
  • Departementele omgewings se tariewe kan verskil na gelang van hulle behoefte en gebruik.
  • Die finansiële administrasie van die diens sal by Kommersiële Dienste gesetel wees.
  • Omgewings kan byvoorbeeld self besluit of hulle ʼn eenheid wil kontant koop of huurkoop oor ʼn 36 maande termyn.
  • Alle eenhede sal uiteindelik onder ʼn dienskontrak wees wat die verbruikbare items soos ink en sekere onder waarborg herstelwerk insluit as deel van die tarief.
  • Eenhede wat nie onder dienskontrak is nie, se onderhoudskoste sal vir die rekening van die omgewing self wees tot tyd en wyl dit vervang is met ʼn eenheid onder dienskontrak.
  • Op die stadium word beide die Safecom en Phonet betaalstelsels voorlopig in stand gehou en ʼn strategie in die verband sal binne die eerste 6 maande bekendgestel word. 

Geen verandering sal ooit gaan sonder probleme nie en ons versoek alle kliënte om met ons in verbinding te tree as daar enige onsekerhede ontstaan. Kontak ons by die volgende nommers en adresse:

Klagtes:   IT Dienstoonbank          x4367
Nuwe versoeke:                                 jsnewman@sun.ac.za
Tegniese ondersteuning:               safecom@sun.ac.za

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.