Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gratis WiFi – nie altyd `n goeie idee nie

Dwaal jy saans suutjies in jou buurt rond op soek na `n buurman wat vergeet het om `n wagwoord op sy Wi-Fi te sit? As die tye druk en `n mens desperaat is vir internet, is enigiets seker moontlik.

Ten minste is die Wi-Fi by die Wimpy of Mugg & Bean wettig EN gratis. Maar selfs hierdie Wi-Fi is nie noodwendig jou beste opsie nie.

Opsigself is die gebruik van Wi-Fi in openbare plekke nie `n probleem nie. Dit hang egter af wat jy op die internet doen.

Oop Wi-Fi-punte word gedeel met ander mense. Dit beteken dat enigiemand wat, soos jy, toegang tot die punt het,  jou sou data kan kry en jou aanlynaktiwiteite kan dophou.

En jy hoef nie `n slim kuberkraker te wees om toegang te bewerkstellig nie. Enigiemand met die regte sagteware, soos Firesheep, tot sy beskikking, kan ontaard in `n kuberkraker.

In September 2014 het Finn Steglich van die Duitse maatskappy SySS `n toets Wi-Fi-punt in Londen se finansiële distrik opgestel. Die doel van die eksperiment was om te bepaal hoeveel mense vrywillig sal verbind aan `n onbekende, onsekure internetkonneksie. Die resultate was kommerwekkend.

Moet onder geen omstandighede jou banksake oor `n oop Wi-Fi-konneksie doen nie. Ook nie aanlyn-inkopies nie, al is jy hoe bang jy mis Takealot se daily deal.

Voordat jy enige Wi-Fi-punt gebruik, maar seker dat dit die amptelike punt van die besigheid is. Kuberkrakers stel Wi-Fi-punte op met kopieë van webwerwe soos Twitter en Facebook bloot om internetgebruikers se aantekeninligting te bekom. As jy dieselfde wagwoord vir verskeie webwerwe gebruik, is dit net soveel makliker vir iemand om ook toegang tot meer belangrike inligting op ander webwerwe te kry.

Indien Wi-Fi jou enigste opsie is, is daar metodes om relatief veilig openbare Wi-Fi te kan gebruik. Lees gerus wat Kaspersky voorstel.

 

4 Responses to “Gratis WiFi – nie altyd `n goeie idee nie”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Dis `n groot plesier Karin! Altyd bly as iemand dit handig vind:)

  2. Karin says:

    Baie dankie vir die goeie advies, soos altyd. Ek wys dit vir my studente en so leer oud en jong, wys en minder wys.

  3. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Ashleen, happy to hear!

  4. ashleen says:

    thanks…this is so useful.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.