Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Skakel asb. u toestelle af

Klink bekend? 

`n Paar jaar gelede het selfone nie die opsie gehad om maklik na flight mode te verander nie. Jy is gevra om jou toestel heeltemal af te skakel. Met flight mode kan jy nou nogsteeds jou elektroniese kopie van Grey op jou tablet lees of die e-pos skryf voordat jy vergeet wat jy wou sê (jou foon sal dit in jou Outbox bêre totdat jy weer aanlyn is). En jy kan dit alles doen selfs gedurende opstyg en land sonder dat `n lugwaardin met jou raas.

Flight mode is `n verstelling op jou foon wat die mobile netwerk, Wi-Fi, FM-radio, GPS en Bluetooth-verbindings op jou foon met een kliek afsit. 

Met ander woorde – al die toepassings wat enige vorm van netwerkverbinding vereis sal afgesit word, terwyl alle ander toepassing wat NIE seintransmissies nodig het nie, (byvoorbeel e-lesers, kameras, spelethies, MP3-speler, ens.) steeds kan gebruik word. Volledige lys van funksies wat steeds beskikbaar is in flight mode.

Omdat jou toestel nie meer sal probeer verbind aan `n selfoontoring of Wi-Fi punt nie, sal jy terselfdertyd jou foon se batterykrag spaar. Flight mode is dus selfs nuttig al vlieg jy nie.

Om die meeste uit jou selfoon se batterylewe te kry, skakel na flight mode voordat jy jou foon begin laai – veral as jy `n beperkte tyd het om dit te laai. Op hierdie manier sal jou foon `n klein bietjie vinniger laai.

Lees ook waarvoor flight mode nog nuttig is op Gizmodo.

Skakel flight mode aan of af (Windows)

  1. Kies Start, vee links na die App lys, en tik Settings Settings icon.

  2. Tik op Flight mode en skakel dit aan of af.

Skakel flight mode aan of af (Android)

  1. Vee af na die bokant van die skerm.
  2. Vee van regs na links ← totdat jy Settings  sien en tik daarop.
  3. Beweeg tot jy Airplane mode sien.
  4. Tik Airplane mode om dit aan of af te sit.

Skakel flight mode aan of af  (iOS)

Gaan na Settings > Airplane Mode en tik op die gly-staaf.

Jy kan ook van onder op jou skerm na bo vee om Control Center oop te maak en tik dan op die vliegtuig-simbool. 

Wanneer flight mode geaktiveer is, sal jy `n vliegtuig simbool in jou toestel se lys van kennisgewings sien. Neem kennis dat bewoording mag verskil van foon tot foon, maar dit mag insluit – flight mode, aeroplane mode, offline mode en standalone mode. 

Lees meer oor hoekom ons elektroniese toestelle moet afskakel op vlugte en of dit werklik nodig is.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.