Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Spyt oor daai e-pos?

Dalk is jy baie vies vir `n kollega, of erger – jou baas – en wil jy jou frustrasie uitdruk. En dan stuur jy `n e-pos.

Die oomblik nadat jy die send-knoppie gedruk het, besef jy dit was waarskynlik nie so `n goeie idee nie. Vir al die impulsiewes daarbuite het Gmail `n veiligheidsnet ingebou. 

In Junie vanjaar het Gmail die Undo Send funksie geaktiveer. As jy `n tikfout maak of spyt is oor `n boodskap, kan jy dit ongedaan maak deur Undo send te aktiveer. Hierdie verstelling gee jou die opsie om die boodskap wat jy gestuur het te herroep.

Om Undo Send te aktiveer:

  1. Kliek op die rat in die regterkantse hoek bo .
  2. Kies Settings.
  3. Rol af tot by Undo Send en kliek Enable.
  4. Kies die kansellasie-tydperk (die tydperk wat jy het om te besluit of jy die e-pos wil herroep) 
  5. Kliek Save Changes onderaan die bladsy.

Indien jy Undo Send aangesit het in Gmail Labs, sal die Undo Send verstelling by verstek aan wees.

Om jou die geleentheid gee om `n e-pos te herroep, vertraag Gmail die versending vir `n paar sekondes. Sodra die tydperk verby is en die e-pos, soos normaal gestuur is, kan dit nie gestop word nie aangesien dit reeds oorgestuur is van jou e-posbediener na die ontvanger se e-posbediener. As jy nie Undo binne die tydbeperking kies nie, sal jou boodskap gestuur word.

Neem kennis dat Undo send moontlik nie mag werk as jy probleme met jou verbinding het nie.

Vir al die Outlook-gebruikers is daar ook `n oplossing. Outlook het `n opsie op boodskappe te herroep. Net soos met Gmail is daar ook beperkinge op wat jy kan doen met die herroep-funksie. Die sukses of mislukking hang af van die ontvanger se verstellings in Microsoft Outlook. 

Byvoorbeeld, as die boodskap reeds deur die ontvanger gelees is, sal dit nie herroep word nie. Indien dit reeds afgelewer is, sal beide die nuwe en ou boodskappe in die ontvanger se posbus lê. Die ontvanger sal wel ingelig word dat jy, die versender, die boodskap uit sy posbus verwyder het.

Vir volledige instruksies oor die gebruik van Outlook se herroepfunksie, kliek hier. 

 

[BRON: www.howtogeek.com]

Tags: , ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.