Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Peeple – `n toepassing vir almal?

peepleDis 6:08 in die oggend. Sekondes gelede het jy heerlik geslaap; onbewus van die res van die wêreld se bedrywighede. Jou selfoon het ander planne. `n Boodskap. 

Iemand het vir jou een ster gegee op `n aanlyn-toepassing. Jou persoonlike en romantiese vermoëns is beoordeel en dit lyk nie goed nie.

`n Toneel uit `n wetenskapfiksie fliek? Nee. Teen die einde van volgende week sal dié scenario `n realiteit wees wanneer Nicole McCullough en Julia Cordray hulle kontroversiële toepassing, Peeple, op die wêreld loslaat.

`n Wolk van ongunstigheid hang bo Peeple sedert die bekendstelling vroeg in Oktober. 

Aanvanklik sou negatiewe kommentaar verskyn, waarna jy, as beoordeelde,  in kennis gestel word. Jy kry 48 uur om jou beoordeler te oortuig dat hy/sy verkeerd is of jouself te verdedig op Peeple. Negatiewe kommentaar word nie verwyder nie en in kort: jy het nie veel sê nie. 

Na oorweldigende kritiek in die media  – spesifiek oor die gunstige platform wat Peeple skep vir teistering en afknouery – het die toepassing se benadering vinnig verander. ‘n Prominente artikel in die Washington Post het gelei daartoe dat Peeple se webwerf, Facebook-bladsy en Twitterrekening spoedig verwyder is.

Dit word nou eerder bemark as `n toepassing wat gemik is op positiewe terugvoer – `n “positive revolution”, soos die webwerf tans aandui. 

Cordray skryf op LinkedIn dat geen persoon gelys sal word sonder hul toestemming nie. Die 48-uur wagperiode om negatiewe kommentaar te verwyder is nie meer van toepassing nie. Indien jy nie `n kommentaar goedkeur nie, sal dit nie geplaas word nie.   

Of Peeple sy prosedures en aanslag verander of nie, die werklike effek van `n toepassing wat soveel inbreuk maak op menseregte, sal eers gevoel word as dit in werking is.

Dat daar geweldig baie opposisie teen Peeple is, is duidelik. `n Petisie om die toepassing te verban het vroeër die week meer as 7000 handtekeninge versamel. Twee parodieë is reeds geskep: “Sheeple,” en “Meet Peeple”. Selfs die uitgesproke satirikus John Oliver  het, op sy eiesoortige manier, kommentaar gelewer.

Peeple in die media: http://www.theguardian.com | http://www.latimes.com | http://www.forbes.com | http://arstechnica.com | http://www.mybroadband.co.za


Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.