Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

`n Toepassing vir slaapkouse

turboalarm2Ek is nie `n oggendmens nie. Brein- en spierfunksie skop eers nege-uur in. Met die hulp van sterk koffie natuurlik. Maar daar is `n toepassing om te help.

Jy kan jou in dink hoe groot my liefde vir wekkers is. Dit maak nie saak watter toon, liedjie of byklank uit die natuur, of dit nou krysende meeue, watervalle, branders of wind chimes is, niks kan my pynloos die nuwe dag inlei nie.

Turbo Alarm, blykbaar ʼn populêre en effektiewe toepassing, beloof om die jou standaard selfoon alarm se vermoëns te oortref. 

Eerstens is dit gratis en bevat dit geen advertensies wat op jou reeds teer nerwe te werk nie. Dit beloof ook om super aanpasbaar met opsies en konfigurasies te wees. 

Ja, dit het al die standaard opsies: volume wat aanpas hoe langer jy neem om te reageer, verskillende alarm tone, ens. Maar dit kan jou ook elke oggend wakker maak met ʼn nuwe liedjie. Dink net, jy hoef nie meer vir 200+ oggende van die jaar wakker te skrik met Bohemian Rhapsody nie, maar jy kan elke oggend met `n ander Queen-treffer wakkerword.

Vir my is die bepalende faktor egter die snooze, mute en disable funksies. En dis hier waar Turbo Alarm aanloklik begin lyk. Die toepassing gee vir jou meer opsies as die meeste ander wekker-toepassins. Jy kan byvoorbeeld jou alarm stel sodat dit net reageer as jy die lig aanskakel – ʼn besondere handige opsie in ons Wes-Kaap wintermaande. Makliker maniere om jou rus en vrede te verleng, is deur die foon te skud, verskeie patrone daarop te teken of ʼn kombinasie van nommers of kolle te druk op jou foonskerm.

Addisionele funksies sluit in:

★ Kies ʼn lêer met liedjies of jou speellys as jou alarmtoon en jy sal elke oggend met ʼn ander liedjie wakkergemaak word. 
★ Wanneer jy jou alarm instel, sal dit ook die weervoorspelling wys vir die tyd wanneer die alarm sal afgaan. 
★ Mini-speletjie om die alarm tydelik te stop.  
★ Sekuriteitsalarm wat lui as jy nogsteeds by die huis is.
★ Wil jy eerder geleidelik wakkerword? Kies dan die geleidelike volume en die tydperk wanneer dit op sy maksimum moet wees.  
★ Kies die manier waarop die toestel vibreer: rustig, normaal, vinnig of geen. 
★ Jy kan kies op watter wyse jy die alarm wil stilmaak: deur die kamerlig aan te skakel, die toestel te skud, ʼn vierkant of driehoek op die skerm te tik, ʼn dwarsbalk te sleep, lank of kort te druk of ʼn klein of groot knoppie te druk.
★ Simuleer die sonskyn in jou kamer met jou gunsteling kleur. 
★ Verminderende sluimer-intervalle. 
Widget met ʼn lys van aktiewe alarms.
★ Beperk die kere wat jy mag sluimer. 
Anti-sleepyhead modus om seker te maak jy word wakker op daai dae wanneer jy ekstra moeg is.
★ Aanpasbare agtergrond

DIE UITSLAG

Indien aanpasbaarheid vir jou belangrik is, sal Turbo Alarm jou oggendroetine ietwat meer prettig maak. Dit voel egter of die verskeidenheid funksionaliteit ook tot die toepassing se nadeel kan strek. Is dit alles werklik nodig is om die eenvoudige taak, om jou uit die bed uit te kry in die oggend, te verrig?

Turbo Alarm is gratis beskikbaar op Android

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.