Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Geskiedenis van malware, Trojaanse virusse en wurms

Verlede keer het ons meer te wete gekom oor die geskiedenis van ouer, onbekende virusse, Trojane en wurms vóór 1985. Dié keer begin ons in 1985 met die eerste PC virus.

1986 Die eerste virus vir PCs
Die eerste virus vir IBM PCs, Brain, is geskryf deur twee broers in Pakistan, toe hulle opgemerk het dat hul sagteware gekopieer word. Die virus vermeerder homself en plaas `n kopiereg boodskap op enige floppieskyf kopieë wat kliënte maak.

1987 Die Kersfeesboomwurm
Hierdie was `n Kersfeeskaartjie e-pos wat programkode ingesluit het. As die gebruiker dit aktiveer het, het dit, soos verwag, `n Kersfeesboom geteken, maar dit ook aangestuur aan almal in die se adresboek. Die Kersfeesboomwurm se verkeer het die hele IBM netwerk wêreldwye lamgelê.

1988 Die Internetwurm
23-jarige student, Robert Morris, laat, per ongeluk,`n wurm op die US DARPA Internet los. Dit versprei na duisende rekenaars en gaan voort om rekenaars telkens te besmet en ineen te laat stort. 

1989 Trojaanse virus eis `n losprys
Die AIDS Trojaan is op `n floppieskyf, wat inligting bied oor AIDS en HIV, versprei. Die Trojaanse virus het die rekenaar se hardeskyf enkripteer en betaling vereis in ruil vir die wagwoord. 

1991 Die eerste polimorfiese virus
Tequila was die eerste wydverspreide polimorfiese virus. Polimorfiese virusse verander hulle voorkoms met elke nuwe infeksie en maak dit dus besonder moeilik om op te spoor. 

1992 Die Michelangelo bohaai
Die Michelangelo virus is ontwerp om elke jaar op Michelangelo se verjaardag (6 Maart) rekenaars se hardeskywe uit te vee. Nadat twee maatskappye per ongeluk besmette diskette versprei het, was daar wêreldwye paniek, maar min rekenaars is werklik aangetas. 

1994 Die eerste e-pos virus kullery
Die eerste e-pos kullery het gedreig dat `n vyandige virus jou hele hardeskyf sou uitvee as jy `n e-pos met die onderwerp “Good Times” oopmaak.

1995 Die eerste dokument virus
Die eerste dokument of makro-virus, Concept, verskyn en word versprei deur die misbruik van makros in Microsoft Word.

1998 Die eerste virus wat hardeware beïnvloed het
CIH of Chernobyl het die eerste virus geword wat rekenaarhardeware buite aksie gelaat het. Die virus het die BIOS, wat nodig is om die rekenaar aan die gang te kry, aangeval.

1999 E-pos virusse
Melissa, `n virus wat homself versprei deur middel van e-pos, het wêreldwyd versprei. Bubbleboy, die eerste virus wat versprei wanneer `n e-pos slegs besigtig word, maak sy opwagting. 

2000 Denial-of-service aanvalle
Distributed denial-of-service-aanvalle deur kuberkrakers het Yahoo!, eBay, Amazon en ander hoë-profiel webwerwe onbruikbaar gelaat vir etlike ure. Love Bug word die mees suksesvolle e-pos virus ooit.

2000 Palm virus
Die eerste virus vir die Palm-bedryfstelsel is ontwikkel, maar geen gebruikers is aangetas nie. 

2001 Virusse versprei via webwerwe of netwerkdeelspasies
Vyandige programme begin om swakplekke in sagteware te misbruik sodat dit kan versprei sonder die hulp van `n gebruiker. Nimda besmet gebruikers as hulle `n webwerf besoek en Sircam gebruik sy eie e-posprogram en netwerkdeelspasies om te versprei.

As jy nog nie genoeg gehad het van virusse en die magdom sekuriteitsrisikos nie, sal die Malware Museum  dalk jou nuuskierigheid tevrede stel. 

Neem kennis dat bostaande inligting ʼn uittreksel is uit die Sophos Threatsaurus, saamgestel deur Sophos, ʼn sekuriteit-sagteware en -hardeware maatskappy.

Tags: , ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.