Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Trojane ook in moderne tye gevaarlik

horse-220321_960_720Trojane is vyandige programme wat voorgee dat hulle wettig is, maar eintlik voer hulle skelm skadelike aksies uit.

Dit veins een handeling, maar doen werklik iets heeltemal anders, sonder jou medewete. Gewilde voorbeelde is die video-kodek (codec) vereis deur sommige webwerwe om videos aanlyn te kyk. 

Wanneer `n Trojaanse kodek installeer word, kan dit ook loerprogramme (spyware) of ander vyandige sagteware installeer. Nog `n voorbeeld is `n kwaadwillige skakel wat sê “Cool Game”. Wanneer jy die “speletjie” aflaai en installeer, is dit nie `n speletjie nie, maar `n skadelike Trojaanse virus wat jou rekenaar onbeskermd laat of alle data op jou hardeskyf uitvee.

Trojaanse virusse word dikwels versprei met behulp van roofsagteware en programme wat onwettige lisensieëringskodes genereer vir aflaaibare sagteware. 

`n Trojaanse agterdeur-virus laat iemand toe om `n gebruiker se rekenaar oor te neem sonder sy toestemming. 

Weereens kan die sagteware hom voordoen as wettig en derhalwe gebruikers mislei om dit te inisieer. Dis ook deesdae algemeen dat gebruikers onwetend Trojaanse virusse op hulle rekenaars laat kom deur op skakels te kliek in gemorspos of kwaadwillige webwerwe te besoek. 

Sodra die Trojaanse virus aktiveer is, voeg dit homself toe in die rekenaar se aanvangsroetine (startup) Dit monitor dan die rekenaar totdat die gebruiker aan die internet verbind. Wanneer die rekenaar aanlyn gaan, kan die persoon wat die Trojaanse virus gestuur het, verskeie aksies uitvoer. So kan hy programme loods op die aangetaste rekenaar, toegang kry tot persoonlike leêrs, leêrs oplaai en wysig, gebruikers se sleutelslae naspeur of selfs gemorspos namens die gebruiker uitstuur.

Bekende Trojaanse agterdeur-virusse sluit Netbus, OptixPro, Subseven, BackOrifice, Zbot en ZeuS in.

Om hierdie risikos te vermy, sorg dat jou rekenaar altyd op datum is met die nuutste sagteware-opdaterings (om swakplekke in die bedryfstelsel te voorkom) en voer gereeld anti-gemorspos en -virus sagteware uit. 

Neem kennis dat bostaande inligting ʼn uittreksel is uit die Sophos Threatsaurus, saamgestel deur Sophos, ʼn sekuriteit-sagteware en -hardeware maatskappy.

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.