Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuwe phishing boodskap op kampus versprei

Die IT dienstoonbank is vanoggend in kennis gestel van `n nuwe phishing e-pos wat op kampus versprei word. (sien voorbeeld onder) Neem asseblief kennis dat onderstaande e-pos NIE deur die universiteit se IT-afdeling uitgestuur word nie. Ons e-posse sal altyd ons eie mashoof ophê en in beide Afrikaans en Engels wees. Ignoreer die e-pos en vee dit uit. Ander kenmerke om voor uit te kyk:

1. Die e-pos is nie persoonlik aan jou gerig nie, dis net `n generiese aanhef. (byvoorbeeld “Dear client”)
2. Dit vra persoonlike inligting, byvoorbeeld jou ID-nommer, wagwoord of gebruikersnaam.
3. Dit versoek dat jy op `n skakel kliek om jou rekening te “aktiveer”. Moenie kliek op skakels in e-posse nie (behalwe amptelike IT e-posse) en moet dit nie kopieer en plak in jou webblaaier nie.
4. Daar is gewoonlik `n kort tydsbeperking gekoppel aan die versoek, byvoorbeeld “binne 24 uur”.
5. Maak seker die versoeke is wettig deur die maatskappy se telefoonnommer te skakel en uit te vind.
6. Moenie sensitiewe informasie met e-pos stuur nie. Wettige maatskappye sal nie vra dat jy data per e-pos aan hulle stuur nie.

—————————————————————————————————————————-
Sent: 05 May 2016 11:52 PM
Subject: Outlook WebAccess

Today Thursday 5th  May, 2016. we are upgrading our email system to Outlook Web App 2016. This service creates more space and easy access to email. Please update your account by clicking on Activation below, fill information for activation and submit.

Click for Activation

Inability to complete the information will render your account inactive. 

Thank you.

IT Admin Desk

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.