Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Phishing-knoeiers pas hul planne aan

Tygerberg-kampus is vroeër die week blootgestel aan `n besondere deurdringende poging deur phishing kuberkriminele. Hulle doel was om gebruikersname en wagwoorde te bekom deur gebruikers te oortuig dat hulle hul Outlook 2016 rekeninge moet “heraktiveer”.

Gelukkig was dit grotendeels onsuksesvol omdat die meeste personeel wakker en oplettend vir phishing-aanvalle. Dit stop hulle egter nie. Die kriminele verander bloot hulle taktiek. Datadiefstal en toegang tot persoonlike inligting soos gebruikersname en wagwoorde is baie, baie winsgewend!

Vandag se phishing-poging gebruik `n ander metode deur weg te kruip agter `n akademiese instansie se naam en dan `n “weggee” webwerf aan die einde.

——————————————————————

Dear Account User,

We are shutting down your Bulk sms, Cellfindportal today in a course to activate Microsoft Outlook Web access 2016. You need to upgrade your Bulk sms, Cellfindportal immediately otherwise it will be deactivated. 

To activate go to:  http://bulk-sms-cellfindportal-sun.ac.za.webeden.co.uk 

The Information Technology department encourages you to take the following measures to protect your account.

Sincerely

IT Customer Support Center© 2016 CELL FIND LLC. All Rights Reserved

The University of Stellenbosch is a charitable body, registered in

Republic of South Africa, with registration number ZA005336.

——————————————————————

Ons het die gevaarlike gedeelte van die e-pos verwyder, maar dis steeds maklik om te sien hoe ons, deur te kyk na die “sun.ac.za” en die “disclaimer”, mislei sou kon word om te dink dat dit deur die Universiteit gestuur is.

 

Informasietegnologie sal nooit `n e-pos soos hier bo vir jou stuur nie. Indien jy `n e-pos van IT kry, sal dit duidelike kenmerke en `n US logo bevat; die taalgebruik sal hopelik beter wees en dit sal waarskynlik tweetalig wees.

[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.