Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

272 miljoen e-posadresse gekaap

`n Wisconsin sekuriteitsmaatskappy het `n databasis van 272 miljoen e-posadresse, met hul wagwoorde, by `n Russiese kuberkraker gekry en die internet is behoorlik aan’t gons daaroor.

Hoe het die kuberkraker die e-posse en wagwoorde in die hande gekry?

Maklik. Deur al die skelmstreke te gebruik waarteen ons julle gereeld waarsku – deur `n e-pos te stuur wat jou in kennis stel van Outlookopgradering en dat jy moet kliek op `n skakel om die opgraderings te aktiveer. Slagoffers gee letterlik hul e-posadresse en wagwoord vir die kraker.

Etlike van ons kollegas is reeds om die bos gelei deur die e-pos en het inderwaarheid na die webwerf gegaan en hul inligting vir die swendelaars gegee. Gelukkig kon ons hulle vinnig help om die skade ongedaan te maak.

`n Dieperliggende probleem is egter, terugblikkend, opgemerk:

Die gesteelde wagwoorde en e-posadresse van die Russiese databasis, wat Gmail, Yahoo en Rusland se mail.ru ingesluit het, is nie direk van GMail of Yahoo verkry nie. Dit blyk of dit eerder vanaf kleiner, minder sekure webwerwe, waar persone hul e-posadresse en DIESELFDE wagwoord gebruik het om aan te teken. 

As jy dieselfde wagwoord vir meer as een webwerf en jou e-pos gebruik, is jou risiko die hoogste. Verander jou e-pos wagwoord en probeer om nie een wagwoord vir alles te gebruik nie. Dis gelykstaande aan `n loper vir elke slot in jou huis. Indien die sleutel gesteel word, het inbrekers toegang tot elke geslote deur in jou huis met net een sleutel!

As jy vermoed jou e-pos wagwoord is een van die wat blootgestel is, verander dit dadelik. En as jy dit verander, verander dit na iets HEELTEMAL anders. Byvoorbeeld, as jou wagwoord  “Christopher123” was, gaan dit nie help jy verander dit na “Christopher124” nie, aangesien dit ewe maklik geraai kan word.

Indien jy `n GMail of Yahoo rekening het en bekommerd is dat jou adres moontlik op die Russiese databasis, kan jy by die onderstaande skakels gaan kyk: (hulle is veilig, omdat hulle nie vra vir jou wagwoord nie)

http://securityalert.knowem.com/
https://haveibeenpwned.com/

[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]

 

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.