Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Selfs Zuckerberg gebruik swak wagwoorde

Mark Zuckerberg, tegnologiese reus, Facebook grootbaas en (mens sou dink?) rekenaargenie, se Twitter en Pinterest-rekeninge is die naweek gekaap.

Hy is wel ʼn gesogte teiken vir enige kuberkraker – wie sal nie wil sê hy kon toegang kry tot Mark Zuckerberg se rekeninge nie? Ongelukkig het dit nie veel vaardigheid vereis nie.

Die Zuck het voor-die-hand-liggende glipse gemaak. Eerstens het hy ʼn eenvoudige, maklike wagwoord gebruik. Een wat bestaan uit slegs twee unieke karakters: dadada. Geen hoofletters, geen spesiale karakters, geen probleem vir ʼn kraker.

Sy tweede fout was om dieselfde wagwoord te gebruik vir sy Twitter en Pinterest-rekeninge. Gevolglik kon kuberkrakers sonder moeite toegang tot beide rekeninge kry. 

Wat ons eintlik probeer sê is, moenie te sleg voel as jy eenvoudige wagwoorde gebruik omdat dit maklik is om te onthou nie. Selfs Mark Zuckerberg doen dit. Ons wil egter aanbeveel dat jy, vir jou eie veiligheid, begin om unieke, ongewone wagwoorde te gebruik en nie 123456 vir al jou rekeninge nie.

Indien dit moeilik is om verskillende wagwoorde vir verskillende rekeninge te onthou of wagwoorde te ingewikkeld raak met snaakse karakters, hoofletters en leestekens, oorweeg sagteware wat jou daarmee kan help, byvoorbeeld KeePass en LastPass.

Daar is wel goeie nuus vir wagwoord-haters. Google werk aan ʼn alternatiewe metode vir gebruikers om toegang tot Android-fone te kry. Hierdie metode sal veiliger wees en gebruik nie ʼn wagwoord nie. 

Projek Abacus gebruik Trust API, sagteware wat herken hoe ʼn gebruiker tik, sy stem klink, sy gesig lyk, waar hy homself bevind en ander biometriese merkers. Werk aan die projek behoort teen die einde van die jaar voltooi te wees. 

Meer artikels oor wagwoorde.

[BRONNE: http://qz.comhttp://www.nytimes.com]

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.