Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Microsoft-opdaterings d.m.v. VPN en datakostes

Het jy geweet dat jou universiteitsrekenaar outomaties op datum bly met sagteware-opdaterings, sonder dat jy enigiets hoef te doen?

Een van die hoofredes hiervoor is dat rekenaars wat nie die nuutste sagteware, spesifiek Microsoft-sagteware installeer het nie, `n hoë sekuriteitsrisiko is indien dit aan die SUN-netwerk verbind sonder die nodige beskerming. Gevolglik is dit belangrik dat alle netwerkgebruikers se toestelle altyd op datum is. Dieselfde geld vir anti-virus sagteware. Dis juis hierdie beleid wat ons US-personeel onlangs beskerm het teen die WannaCry ransomware.

As gevolg van die beleid word Microsoft opdaterings ook gedoen sodra jou toestel aan die SUN-netwerk verbind. Opdaterings op die SUN-netwerk wanneer jy op kampus is, is gratis, maar dit kan gebeur dat opdaterings beskikbaar is en wil aflaai as jou rekenaar nie by die kantoor aan die netwerk verbind is nie.

Indien jy d.m.v. VPN* aan die SUN-netwerk verbind wanneer jy af van kampus werk, wees bewus daarvan dat opdaterings in die agtergrond kan laai. Aangesien dit in baie gevalle groot is, kan dit ongewone hoë verkeer en/of ook hoë kostes genereer. Microsoft-opdaterings word normaalweg maandeliks op die tweede Dinsdag van die maand vrygestel. Indien jy dus beperkte of duur data gebruik, hou veral gedurende daardie week jou dataverbruik dop.

*VPN (Virtual Private Network) is `n verbinding van elders na die SUN-netwerk wat die gebruiker dieselfde toegang gee as wanneer hy/sy op kampus is. Let op dat meeste algemene SUN dienste (bv. e-pos, Sun-e-HR, my.sun.ac.za, Useradm-administrasieblad, ens.) direk vanaf die internet beskikbaar is sonder `n VPN verbinding.

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.