Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Probleme met netwerktoegang: nuutste

Op Dinsdag, gedurende ʼn opdatering van rekenaars op ons netwerk, is teenstrydige instruksies na rekenaars gestuur wat veroorsaak het dat sommige gebruikers se netwerktoegang geblok is.

Gereelde opdaterings verseker dat alle rekenaars op die netwerk voldoen aan die nodige sekuriteitsvereistes en is noodsaaklik in ons geveg teen kubermisdaad.

Ons vra om verskoning vir die ongerief en verseker u dat ons maatreëls in plek sit om te verseker dat ʼn soortgelyke insident nie weer plaasvind nie. Dankie aan personeel in die verskeie departemente wat ons gehelp het om die probleem reg te stel.

Indien jy enige probleme ondervind, laat weet ons asseblief deur ʼn versoek aan te meld op ServiceNow of ons Dienstoonbank te kontak by 808 4367.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.