Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wangiri-bedrog neem toe

Volgens MyBroadband het Vodacom, MTN, en Cell C ʼn toename in Wangiri foonbedrog in Suid-Afrika opgemerk. Suid-Afrikaanse selfoongebruikers het ook berig dat hulle toenemend meer verbeurde oproepe van onbekende internasionale nommers ontvang. Oproepe kom van regoor Afrika en Europa, onder andere Guinee, Frankryk en België.

Wangiri is ʼn tipe foonbedrog wat aanvanklik in Japan ontstaan het. Wangiri kan vertaal word as “one (ring) and cut”. Die misdadigers huur ʼn premium-tarief nommer van `n telekommunikasie diensverskaffer  en skakel lukrake nommers deur middel van ʼn outomatiese skakelaar. Die telefoon lui slegs een keer en daarna word die telefoniese verbinding verbreek.

ʼn Outomatiese skakelaar is ʼn elektroniese toestel of programmatuur wat outomaties telefoonnommers skakel. Sodra die oproep beantwoord word, sal die outo-skakelaar normaalweg ʼn opgeneemde boodskap speel of jou verbind aan ʼn persoon. (Wikipedia)

ʼn Verbeurde oproep vertoon op die slagoffer se foon en hy skakel terug aangesien hy dink dat dit vir hom bedoel was. Gevolglik betaal hy `n buitensporige bedrag wat reguit in die misdadigers se rekeninge inbetaal word. 

Beide CellC en MTN het hulle kliënte versoek om nie enige verbeurde oproepe te beantwoord nie. Moenie ʼn nommer terugbel wat jy nie herken nie. Indien dit ʼn regte oproep is, sal die persoon jou terugbel of ʼn stempos los. 

Wangiri is slegs een voorbeeld van foonbedrog. Lees meer oor die ander variasies op Wikipedia.

 

[BRONNE: https://readstudyshare.wordpress.com; www.wikipedia.com]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.