Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

`n Paar treë nader

Tot onlangs kon slegs studente hulle toestelle na die IT HUB bring vir hulp. Sedert die hoof IT-gebou twee jaar gelede egter verder weg van kampus geskuif het, het baie van ons kliënte gevoel dat ons kantore te ver of nie toeganklik is nie.  

Om hierdie rede is ons bly om aan te kondig dat alle personeel nou hulle rekenaars en toestelle by die IT HUB kan afgee. Dis egter belangrik dat enige versoeke eers aangemeld word by ons IT Dienstoonbank of op ServiceNow. Weens beperkte kapasiteit is die nie moontlik om gebruikers onmiddellik te help sonder dat reëlings eers getref is nie. Nadat die versoek aangemeld is, sal die tegnikus waaraan die versoek toegeken is die gebruiker kontak en verdere reëlings tref. 

Die IT HUB is geleë in Admin A, langs die Rooi Plein met `n ingang onder die voetgangersbrig tussen Admin A en B. (langs Fotografiese Dienste)

As jy onseker is oor watter dienste ons lewer, kyk gerus na ons  Dienskatalogus en as jy braaf genoeg is, kyk of jy jouself kan help met ons  Self-help wiki.

KONTAK ONS

Tel:  021-808 4367
Skype: ITStellenUni
E-pos: helpinfo@sun.ac.za (vir algemene navrae) or help@sun.ac.za (om `n versoek aan te meld)
Twitter: @itstellenuni

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.