Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Phishing-aanval: Onderwerp: “Unusual Login Attempt”

Die nuutste phishing-aanslag op US personeel en studente is Maandag geloods deur middel van `n vals webwerf. Hier is hoe dit lyk, hoe dit werk en hoe jy dit moet vermy.

Maandag is `n e-pos kampuswyd uitgestuur met die onderwerp “Unusual Login Attempt”. (sien voorbeeld onder)

In die inhoud van die e-pos was `n skakel met die bewoording “For Details Verify” , waarop jy moes kliek om jou rekening te bevestig. Hierdie skakel is dan herlei na `n webwerf, stellenboschuniversity.weebly.com, wat deur die kuberkraker geskep is. Indien jy daarop sou kliek, sou dit jou`n aantekenskerm gee waar jy jou wagwoord en gebruikersnaam kan intik. Sodra ons bewus was van hierdie webwerf en ook die daaropvolgende weergawes wat uitgestuur is, het ons dit dadelik geblok vanuit die universiteitsnetwerk.

Indien jy, voordat die webwerf geblok is, vir hierdie kwaadwillige poging geval het en jou US gebruikernaam en wagwoord ingetik het, sou die kuberkrakers gevolglik jou inligting gekry het – maw ook toegang tot jou e-pos, alle persoonlike inligting wat jy daarin stoor, toegang tot die hele US-adreslys en ook tot jou menslike hulpbronne inligting. 

Op so `n manier word jou rekening in gevaar gestel, maar word dit ook gebruik om dieselfde boodskap vir die res van die personeel en studente te stuur.

Moet dus onder geen omstandighede op hierdie tipe e-posse reageer nie. As jy steeds twyfel hoe om `n phishing e-pos uit te ken, lees hierdie wenke en maak seker jy leer om dit uit te ken.Vorige voorbeelde van phishing e-posse is ook op ons blog beskikbaar.

 

Indien jy vermoed `n e-pos wat jy ontvang het, is `n phishing e-pos, kontak ons asb. dadelik. Met jou hulp kan ons dit gouer stop en keer dat dit die res van kampus en jou eie rekening besmet. 

Instruksies om `n phishing, spam of malware insident aan te meld.

Indien jy wel op die skakel gekliek het en jou wagwoord en gebruikersnaam ingevul het, gaan onmiddellik na http://www.sun.ac.za/useradm en verander al jou universiteitswagwoorde, sowel as jou sosiale media wagwoorde (veral as jy dieselfde wagwoorde gebruik) Kontak ook dadelik die IT Dienstoonbank sodat daar na jou toestelle gekyk kan word. 

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.