Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Suid-Afrika se grootste databreuk en wat jou te doen staan

In Oktober is Suid-Afrika getref deur die grootste databreuk in sy geskiedenis. Die ID-nommers, name, geslag, etniese oorsprong, huiseienaarskap, kontakinligting en geskatte inkomste van ongeveer 60 miljoen Suid-Afrikaners is aanlyn blootgestel op die webwerf van `n eiendomsmaatskappy.

Die feit dat die werklike lekasie van inligting reeds in April plaasgevind het, maar eers nou ontdek is, maak egter geen verskil nie. Die bekommernis is dat die persoonlike inligting van 60 miljoen Suid-Afrikaners nou daar buite is en moontlik misbruik kan word deur kriminele en krakers wereldwyd om identiteitdiefstal te pleeg. 

Met genoeg persoonlike inligting, soos die wat nou uitgelek het, kan kriminele skade verrig aan `n persoon se reputasie en kredietstatus deur onwettig rekeninge oop te maak, krediet aan te gaan en besprekings te maak. Dit `n geweldige groot risiko. En die grootste risiko is vir die persoon wie se data blootgestel is.

 

Die volgende riglyne is voorgestel deur IT-deskundiges in die veld:

  • Monitor jou kredietverslae. Elke keer as jy enigiets op krediet koop, word jou kredietrekord geskep op die National Credit Regulator (NCR). Kredietverskaffers en finansiele instellings kan (met jou toestemming) jou kredietrekord nagaan. 
  • Moenie bang wees om jou kredietinformasie te vries nie. Dit beteken dat die kredietburos nie jou kredietverslag of enige ander informasie in jou leer kan bekendmaak sonder jou inligting nie. Met geen inligting, kan kriminele nie `n rekening in jou naam oopmaak nie.
  • Oorweeg `n identiteitsdiefstal beskermingsdiens. Vir `n fooi kan sommige derdepartydienste verdere kredietmonitering doen en sal jou in kennis stel as iemand navraag gedoen het oor jou krediet. 
  • Beskerm jou e-pos. Jou e-posadres en wagwoord – inligting wat maklik gelek word tydens `n databreuk – verleen toegang tot `n magdom van inligting vir identiteitsdiewe. Daarmee kan toegang verkry word tot bankbesonderhede en persoonlike inligting. 
  • Maak seker jou wagwoorde is sekuur en `n kombinasie van letters, nommers en simbole, verander gereeld wagwoorde en gebruik verskillende wagwoorde vir verskillende rekeninge. 

Na aanleiding van die hierdie databreuk het ThisIsMe nuwe hulpmiddele vrygestel en praktiese wenke gee hoe jy die risiko van bestaande risikos kan verminder. Meer daaroor op MyBroadband.

[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.