Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wil jy jou wagwoord verander?

Met die ingang van elke nuwe jaar ontvang die IT Dienstoonbank toestroming van versoeke om wagwoorde te verander. 

Min mense weet egter dat daar `n alternatiewe en vinnige manier is om jou wagwoord te verander, naamlik om dit op die Password Selfhelp webwerf te doen. Ons wil ook personeel en studente  aanmoedig om gebruik te maak van hierdie handige funksionaliteit aangesien die IT Dienstoonbank in die nabye toekoms nie meer wagwoorde sal verander nie. Met die skerp toename van kubermisdaad is die sekuriteitsrisiko te hoog om wagwoorde telefonies te verander. 

Die www.sun.ac.za/password bied twee opsies: 

  1. Change Password vir gebruikers wat weet wat hulle wagwoord is en dit wil verander.
  2. Reset Password vir gebruikers wat hulle wagwoord vergeet het.

Om jou wagwoord te verander, moet jy een van die volgende verskaf:  

– jou selfoonnommer of
– `n eksterne e-posadres

NB. Om die wagwoord selfhelpfunksie te kan gebruik, moet jou inligting by Menslike Hulpbronne op datum wees. Jou selfoonnommer, sowel as `n alternatiewe e-posadres moet aangedui wees op die stelsel. 

Personeel kan hierdie inligting byvoeg op SUN-e-HR d.m.v. die personeelportaal,  http://my.sun.ac.za

Kies die My Profile skakel en dan Personal Information

Teken aan by SUN-e-HR.

Kies Basic Details – Update, Other, Personal Email Address 

of

Kies  Phone Numbers – Update

Tydens die wagwoord veranderingsproses word ‘n pinkode, bestaande uit 8 syfers, aan die persoon geSMS of met e-pos gestuur is (afhangende van die opsie wat gekies is). Die pinkode moet gebruik word op die wagwoord selfhelp webbladsy voordat ‘n nuwe wagwoord gekies kan word. Sodra ‘n wagwoord verander is, word die persoon per epos en sms daarvan in kennis gestel.

Indien die persoon nie die wagwoord verandering versoek het nie, moet hulle dadelik die IT Dienstoonbank kontak by 021 8084367.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2018 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.