Language:
SEARCH

Beskerm jou persoonlike inligting

Data Privacy Day, vind elke jaar op 28 Januarie plaas en is ʼn internasionale poging om individue en besighede te bemagtig om privaatheid te beskerm en respekteer en vertroue te bou

Na verskeie reuse databreuke verlede jaar regoor die wêreld, is die klem deesdae ferm op groter bewustheid om informasie te beskerm.

Maar hoekom moet ons omgee oor ons inligting?

Ons is op die drumpel van ʼn nuwe generasie tegnologie met ontwikkelinge soos die Internet of Things wat toestelle by die huis, werk en skool gaan verbind. Hierdie vooruitgang bied geweldig baie geleenthede, maar dit beteken ook dat gebruikers sal moet leer om hulle inligting te beskerm en beveilig. Jou toestelle maak dit maklik om binne ʼn oogwink aan die res van die wêreld te verbind, maar hulle samel ook heelwat inligting oor jou en jou familie in. 

Hoeveel inligting deel jy daagliks aanlyn? Ons spandeer die meeste van ons dag op die internet en elke aksie word nagespeur en ingesamel deur ons toestelle. Hierdie data word vir ʼn onbepaalde tyd gestoor en kan enige tyd gebruik word. 

Die National Cyber Security Alliance in Amerika gee die volgende wenke: 

  1. Persoonlike inligting is soos geld: waardeer dit, beskerm dit. 
    Wees bedag op wie jou inligting kry en hoe webwerwe en toepassings dit insamel. Verwyder die toepassings wat jy nie gebruik nie, sorg dat die ander op datum is en kyk gereeld na jou toepassings se verstellings. 
  2. Deel versigtig.
    Dink mooi voor jy iets oor jouself of iemand anders aanlyn plaas. Hersien gereeld jou vriende op sosiale netwerke en jou kontaklyste. 
  3. Bestuur jou aanlynteenwoordigheid.
    Stel die privaatheid- en sekuriteitsverstellings op webwerwe en toepassings na gelang van jou behoeftes. Jy hoef nie alles met almal te deel nie.  
  4. Beveilig jou aantekenbesonderhede.
    Maak seker jou rekening is veilig. Moenie alleenlik ʼn wagwoord gebruik vir bankrekeninge, e-pos en sosiale media nie. Gebruik `n twee-stap bekragtigingsproses, biometrie of sekuriteitsleutels. 
  5. Hou jou toestelle skoon.
    Hou die sagteware, bedryfstelsel, anti-virusprogramme en toepassings op jou selfoon en PC op datum. Hierdeur voorkom jy dataverlies, infeksies en malware. 
  6. Pas die goue reël toe. 
    As jy nie jou inligting geplaas wil hê nie, moet ook nie ander se inligting plaas nie. 
  7. Beveilig jou toestelle.
    Elke toestel moet beveilig wees met ʼn wagwoord of sterk bekragtigingsproses – vingervee, gesigsherkenning, ens. Tot watter inligting sal iemand toegang hê as hulle jou toestel in die hande kry?
  8. Dink voor jy ʼn toepassing gebruik.
    Inligting oor jou, soos die speletjies wat jy speel, jou kontaklys, waar jy koop en jou ligging het geweldig baie waarde vir iemand. Toepassings samel al hierdie inligting in.  Die aktiwiteitstoepassing se privaatheidsprobleme het dit onlangs weer beklemtoon. 

FEITE EN STATISTIEKE

  • 41% van Amerikaners is persoonlik blootgestel aan dreigende optrede aanlyn en een in elke 5 (18%) is blootgestel aan ernstige teistering aanlyn. 
  • 82% van kuberbekruipers gebruik sosiale media om uit te vind waar hulle potensiële slagoffers bly, waar hulle skool toe gaan, ens.  
  • Vier uit vyf US-dokters se praktyke was al slagoffers van kuberaanvalle.  Hou in gedagte dat mediese en gesondheidsinligting tel onder die mees sensitiewe en persoonlike inligting van ʼn individu.  

 

[SOURCE: https://staysafeonline.org and www.wikipedia.org]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2018 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.