Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuwe e-pos banier geïmplementeer

Vanaf 1 Maart 2018 sal Korporatiewe Kommunikasie ʼn Wees Water Slim banier implementeer (sien die voorbeeld onder).

Die doel van die banier is om bewustheid te skep onder studente en personeel rondom die huidige waterkrisis in die Wes-Kaap. Dit sal outomaties bygevoeg word onderaan alle e-posse vanaf  ʼn @sun rekening en sal direk onder die standaard US e-poshandtekening verskyn. Die banier sal ook ʼn skakel bevat wat die leser deurneem na `n webblad met meer inligting oor die waterkrisis.

Die banier sal ook in die toekoms gebruik word om bewustheid te kweek van verskeie ander kwessies wat die universiteit beïnvloed. 

Neem asseblief kennis dat, indien jy jou e-posse digitaal sertifiseer, die ontvanger van jou e-posse die aanhangsel wat saamgestuur word, sal moet oopmaak om die e-pos se inhoud te lees.

Daarbenewens mag dit gebeur dat die banier nie noodwendig vertoon in Outlook nie. Dit gebeur a.g.v. Outlook se sekuriteitsmaatreëls. Om die banier te sien, regskliek slegs op die “gebreekte” banier en die grafika sal laai. 

Navrae oor die inhoud en formaat van die bannier kan gestuur word na ecomms@sun.ac.za.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.