Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuwe aanlyn platform vir SU Sosiale Impak

Wil jy graag betrokke raak by sosiale impak geleenthede by Universiteit Stellenbosch of dalk net sien watter inisiatiewe bestaan? 

Die Sosiale Impak-platform vertoon bestaande inisiatiewe en help om nuwe geleenthede vir samewerking te identifiseer vir diegene wat betrokke wil raak. 

Dit bied ‘n  hulpmiddel om personeel se werk te ondersteun en versterk en ook op betekenisvolle manier te dien as sosiale leerspasie en model vir goeie praktyk met betrekking tot sosiale impak by die US.

Die platform beskik oor ’n aantal soekfilters, ’n deursoekbare nuusargief, asook ’n aantal visuele elemente wat aandui hoeveel verskillende inisiatiewe (vir sosiale impak) daar in die onderskeie fakulteite plaasvind. 

Personeel kan aandui hoe hulle werk bydra tot die universiteit se sewe ontwikkelingstemas, naamlik opvoeding vir almal; werkverskaffing en inklusiewe ekonomiese ontwikkeling; omgewing en volhoubaarheid; voedselsekuriteit en gesondheid; hulpbronne en infrastruktuur; veiligheid; sekuriteit en goeie bestuur; en sosiale- en geslagsgelykheid. Hierdie ontwikkelingstemas sluit direk aan by die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelstellings. 

Personeel word genooi om hul inisiatiewe vir sosiale impak hier te registreer. Besoek www.sun.ac.za/si vir meer inligting.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.