Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Verander jou wagwoord aanlyn

In die verlede was die IT Dienstoonbank die eerste plek wat jy gekontak het as jy jou wagwoord vergeet het (ons weet, dit gebeur met ons ook!) of as jy dit sommer net wil verander. Deesdae kan die Dienstoonbank ongelukkig nie meer wagwoorde verander nie weens sekuriteitsrisikos en baie streng data beskermingswette. (Jy kan hier meer lees oor die universiteit se eie Dataprivaatheidsregulasie)

Ons wil graag personeel en studente aanmoedig om voortaan van die Wagwoord Selfhelp webwerf gebruik te maak. Ons besef dat dit ongerieflik mag wees, maar dis belangrik dat ons hierdie prosedure volg vir beide julle en ons beskerming.

Die Wagwoord Selfhelp webwerf (www.sun.ac.za/password) bied twee opsies: 

  1. Change Password vir gebruikers wat weet wat hulle wagwoord is en dit wil verander.
  2. Reset Password vir gebruikers wat hulle wagwoord vergeet het.

Om die aanlyn Wagwoord Selfhelp funksie te gebruik, is dit belangrik dat jou selfoonnommer of `n alternatiewe e-posadres op Menslike Hulpbronne se rekords is. Daarsonder sal jy nie jou wagwoord kan verander nie. Hierdie inligting kan jy opdateer deur aan te teken op SUN-e-HR via die personeelportaal, http://my.sun.ac.za. of deur jou Menslike Hulpbronne kontakpersoon te vra.

Kies die My Profile skakel en dan Personal Information

Teken aan by SUN-e-HR.

Kies Basic Details – Update, Other, Personal Email Address 

of

Kies  Phone Numbers – Update

Tydens die wagwoord veranderingsproses word ‘n pinkode, bestaande uit 8 syfers, aan die persoon geSMS of met e-pos gestuur is (afhangende van die opsie wat gekies is). Die pinkode moet gebruik word op die wagwoord selfhelp webbladsy voordat ‘n nuwe wagwoord gekies kan word. Sodra ‘n wagwoord verander is, word die persoon per epos en sms daarvan in kennis gestel.

Indien die persoon nie die wagwoord verandering versoek het nie, moet hulle dadelik die IT Dienstoonbank kontak by 021 8084367.

BELANGRIK!

Indien jy tuis werk sal jy ook die volgende instruksies moet volg nadat jy jou wagwoord verander het om te verseker dat jou wagwoord op al jou toestelle en rekeninge gesinkroniseer is. 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.