Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT-onderhoud

Oor die paar weke sal Informasietegnologie oor sekere naweke ​onderhoud uitvoer op bedieners en stelsels. Daar sal gevolglik tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Naweek van 31 Augustus: Kritiese onderhoud vind Saterdag, 31 Augustus, vanaf 07:00 tot Sondag, 1 September om 13:00 plaas. ʼn Groot aantal funksies en toepassings sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie. Dit sluit, onder andere in: Finansiële Dienste; Studente-administrasiedienste; etebesprekings; eBetalings; wagwoordverandering; roosters en eAansoeke. SUNLearn sal nie deur hierdie onderhoud beïnvloed word nie.

Naweek van 6 September: Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 22:00 Vrydag, 6 September tot 08:00 Maandag, 9 September. Verskeie stelsels en dienste sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.