Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

SUNStudent konsepwerkswinkels skop af

Gedurende die afgelope paar maande het die SUNStudent projekspan, bestaande uit lede van die US, Eiffelcorp en Serosoft, werkswinkels gekoördineer en aangebied om Universiteit Stellenbosch se student-lewensiklus te verstaan en uit te pluis. Bestaande prosedures, prosesse en aannames is uitgedaag en belanghebbendes herdink en herontwerp prosesse met die oog op studente as sentrale rolspelers. Die reisplan van `n administratief-intensiewe instelling na ’n studente-vriendelike een is goed op dreef.

Deelnemers aan die werkswinkels is duidelik opgewonde, gewillig om aan te pas by iets nuuts en bereid die status quo uit te daag. Samewerking, respek, vereenvoudiging, verandering en koördinasie is die sleutelelemente ter sprake in hierdie werkswinkels en dra by tot die reuse sukses daarvan.

Vir die US is die uitkoms van die werkswinkels nie beperk tot die vereistes waaraan die SUNStudent sisteem moet voldoen nie. Dis ook belangrik dat veranderinge in beleid en prosedures geidentifiseer word en dat prosesse wat belyn word, korrigeer word. Vir die eerste keer in jare is bogenoemde moontlik omdat deelnemers van verskeie kampusse, fakulteite, departemente, IT en SISO gefokusde gesprekke het oor die moontlikhede. 

As fasiliteerders van die werkswinkels is Serosoft baie tevrede met die uitkoms tot dusver.  Die detail gesprekke om die verskeie besigheidsareas  en huidige prosesse beter te verstaan sal ons help om die beste studente-inligtingstelsel wat tans by enige Suid-Afrikaanse universiteit gebruik word, te implementeer.

Artikel deur Serosoft-span

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.