Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Voordat jy weggaan

Die Desembervakansie is om die draai en na die afgelope jaar het ons almal `n week of twee weg nodig. Maar voordat jy gaan is daar `n paar takies wat jy nou al kan afhandel sodat jou terugkoms in Januarie pynloos is. Hier is `n paar wenke:

    1. Aktiveer die Out of Office-funksie op jou sun.ac.za Outlook-posbus en dui aan wanneer jy weer beskikbaar sal wees indien iemand jou moet kontak. Dui ook aan wie die verantwoordelike persoon sal wees gedurende die tydperk wat jy weg is en sit die persoon se e-posadres by op die Out of Office-boodskap.
    2. Maak seker dat enige werkverwante data toeganklik is vir jou kollegas terwyl jy weg is. Moet egter onder geen omstandighede jou wagwoord vir kollegas gee nie aangesien dit `n sekuriteitsrisiko skep.
    3. Indien jou sun-wagwoord moontlik kan verval gedurende die vakansie, verander dit eerder voordat jy weggaan. As dit verval terwyl jy weg is, kan jy uit jou rekening gesluit word en dit onnodige stres veroorsaak wanneer jy dit moet heraktiveer in Januarie. 
    4. Indien jy gedurende die vakansie ’n phishing e-pos ontvang en op skakels gekliek het of jou gebruikersnaam en wagwoord erens suspisieus ingevul het, verander asb. dadelik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password. Teken ook ’n versoek aan op die ICT Partner Portal sodat jou toestel nagegaan word na die vakansie. Onthou dat jy ook self spam kan aanmeld met Microsoft se Report message funksionaliteit in Outlook.
    5. Informasietegnologie sluit, soos die res van die Universiteit op 24 Desember en maak weer 3 Januarie oop. Indien moontlik, probeer jou versoeke so vroeg as moontlik aanmeld voor jy weggaan.  Indien jy `n kritiese probleem het, kan ons jou moontlik nie `n dag voor die tyd of op die laaste Vrydag help nie aangesien verskaffers ook sluit gedurende die feesseisoen.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.