Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Aflaai van onwettige flieks en reekse kan beboet word

Met `n vinnige internetkonneksie en onbeperkte, “gratis” internet is dit vandag moontlik om die nuutste flieks en reekse af te laai. Indien jy nie `n betaal stroomplatform gebruik nie, is dit ook onwettig. Verder, as jy die universiteit se toerusting en/of netwerk gebruik, is dit `n oortreding van die Elektroniese Kommunikasiebeleid – `n beleid wat elke student en personeellid onderteken wanneer hulle jaarliks netwerktoegang heraktiveer word. Gevolglik kan jou netwerktoegang ook opgehef word as jy onwettige materiaal aflaai en aan ander gebruikers verskaf.

 Tot `n paar jaar gelede het TV-netwerke en filmmaatskappye nie te veel moeite gedoen om die aflaai en verspreiding van onwettige flieks en reeks te kniehalter nie. Dit was eenvoudig te moeilik en nie koste-effektief nie. Dis egter nie meer die geval nie. 

Informasietegnologie ontvang gereeld e-posse van maatskappye soos Warner Bros. en Columbia Pictures wat aandui dat onwettige, kopiereg materiaal afgelaai en versprei word vanaf IP-adresse binne die universiteit se netwerk.  Hierdie e-posse sluit die presiese IP-adres wat die onwettige materiaal afgelaai het, sowel as die naam van die materiaal wat afgelaai en versprei is, in. IT word gevolglik genoodsaak om die persoon aan wie die adres behoort te kontak en `n skriftelike waarskuwing te gee.

Die verspreiding (seeding) van kopieregmateriaal sonder `n lisensie is beide `n kriminele en siviele oortreding in Suid-Afrika, selfs al is die verspreiding oor BitTorrent. In Suid-Afrika, onder die Kopiereg Wet van 1978, kan dié oortreding jou in die tronk laat beland vir tot 5 jaar en `n boete van tot R10,000 vir elke item wat jy versprei.

Tussen 2010 en 2012, is 200,000 mense gedagvaar vir die oplaai en aflaai van kopieregmateriaal deur BitTorrent.

So, voordat jy die nuutste episode van jou gunsteling reeks gou aflaai, oorweeg eers mooi of jy die kans wil waag. Dis dalk veiliger om van `n wettige diens soos Netflix of Showmax gebruik te maak.

MEER INLIGTING:

Hoe werk BitTorrent en “seeding”?

http://en.wikipedia.org/wiki/BitTorrent 

http://www.bittorrent.com/help/guides/beginners-guide

 


 

Tags: , , , ,

One Response to “Aflaai van onwettige flieks en reekse kan beboet word”

  1. Dolphi says:

    What percentage of torrent downloads are legal and if this percentage is insignificant, why not block torrent sites?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.