Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nog ’n suksesvolle e-registrasie voltooi

More information on registering onlineDie IT-afdeling het ’n wesenlike bydrae gelewer tot ’n relatief suksesvolle e-registrasie. Die aanlyn-registrasie van studente het op 2 Januarie vir mediese studente en op 15 Januarie vir die res van die universiteit begin en teen Donderdag, 30 Januarie, het 16 172 studente vir die 2020 akademiese jaar reeds aanlyn registreer.

Gedurende die registrasie is ’n aanlyn-oorlogskamer geskep bestaande uit Studente-inligtingstelselondersteuning (SISO) en IT-personeel wat die stelsel voortdurend monitor en bestuur het.

E-registrasie is gesamentlik deur SISO en IT in die middel 2000s ontwikkel. Dit is die eerste keer vir registrasie in 2006 gebruik en sodoende is nog 15 diensjare bygevoeg tot die plaaslik-ontwikkelde Adabas-Natural Studente-inligtingstelsel (SIS) se leeftyd, `n ontwikkeling wat deel was van die e-Kampus inisiatief. SIS is destyds verbeter deur moderner webkoppelvlakke by te voeg. Op daardie stadium was Stellenbosch een van die eerste (indien nie die eerste nie) Universiteit in Afrika wat selfregistrasie aanlyn gebied het.

Die oorspronklike programmatuur werk steeds op die bestaande, plaaslike apparatuur, alhoewel daar soms werkverrigting uitdagings is wanneer die stelsel onder druk is. Groeiende tegnologie en personeelrisiko’s was noemenswaardige motiverings vir die SUNStudent en SUNFin projekte wat op die oomblik aan die gang is. Vanjaar was een van die laaste kere dat e-registrasie op die bestaande SIS sal plaasvind; die beplanning is dat die Academia-diens wat d.m.v. die SUNStudent-projek ge-implementeer word, in 2022 e-registrasie sal hanteer.

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.