Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Koshuis WiFi-hernuwingsprojek

Informasietegnologie se netwerk-infrastruktuurspan het oor die afgelope twee jaar hard gewerk om te verseker dat alle koshuise op US-kampusse voldoende toegerus is om effektiewe WiFi netwerktoegang aan studente te verskaf. 

Soos die hernuwingsprojek einde se kant toe staan kyk ons na wat ons bereik het en ’n paar syfers verskaf. 

Bykans 1500 WiFi-toegangspunte is geïnstalleer waarvan 571 oor die afgelope Desember/Januarie vakansie. Die laaste, uitstaande WiFi-punte sal gedurende die Junie/Julie vakansie installeer word. 

Die volgende aantal WiFi-punte is oor die vakansie installeer: 

Stellenbosch-kampus:

Huis De Villiers               67

Dagbreek                          89

Metanoia                          186

Huis McDonald              37

Helderberg se installasies sal voltooi word teen die einde van Februarie, terwyl Minerva geskeduleer is vir Junie. Weens konstruksie was installasies by Goldfields nie moontlik nie, maar is dit geskeduleer vir wanneer konstruksie voltooi is. Vir meer detail oor WiFi-dekking op Stellenbosch-kampus, sien die kaart onder. 

Tygerberg-kampus:

Franci van Zyl                   67

Hippokrates                     78

Elektiewe studente         15

Meerhof word tans voltooi.

Worcester-kampus:

WiFi vir die hele gebou is opgeknap  32

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.