Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Aflewerings en hardewareondersteuning gedurende grendeltyd

Alhoewel Informasietegnologie ten volle operasioneel is sedert die begin van die grendeltyd, word die meeste van ons funksies steeds af-kampus gedoen. Sommige van ons personeel is wel op kantoor op `n rotasie-basis om apparatuurherstelwerk en die ontvangs van aflewerings moontlik te maak. Ons gee egter gehoor aan Covid-regulasies en kontak met personeel word beperk tot die absolute minimum. 

Stellenbosch-kampus:

  • Tans word geen aflewerings deur IT aan kliënte gemaak nie.
  • Dinsdae, Woendae en Donderdae:   Verskaffers lewer toerusting by ons kantore af.
  • Personeel kan toerusting (nuut of vir herstel) optel by ons kantore Maandag tot Vrydag tussen 8:30 and 16:00
  • BELANGRIK:  Indien jy `n bestelling geplaas het, sal jy `n outomatiese boodskap van ons stelsel ontvang om te bevestig dat jou bestelling ontvang is. Dit beteken egter nie dat jy die bestelling reeds moet kom optel by die kantoor nie. Ons sal vir jou `n e-pos stuur met `n spesifieke datum wanneer jy jou bestelling kan kom optel. (Voorbeeld van e-pos)
  • Herstel van toerusting: In die geval van herstelwerk sal `n afspraak met die kliënt gereël word deur die tegnikus. Indien jy toerusting het wat herstelwerk benodig, teken soos gewoonlik `n versoek aan en `n tegnikus sal jou kontak. Jy sal `n e-pos ontvang met `n datum en instruksies vir wanneer jy die toerusting na ons kantore kan bring en wanneer jy dit kan optel. 

Tygerberg-kampus:

  • Woensdae:  Aflewerings van Stellenbosch-kampus na Tygerberg-kampus
  • Optel van nuwe bestellings:  Jy sal gekontak word deur `n tegnikus vir `n spesifieke tyd vir optel. 
  • Herstel van toerusting:  Dieselfde tprosedure geld as vir Stellenbosch-kampus.

Vir verdere navrae, meld asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal. Onthou asseblief om `n selfoonnommer te verskaf waar ons jou kan kontak.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.