Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Registreer vir MFA

Ons is reeds deeglik bewus van die groeiende risiko betrokke wanneer ons aanlyn werk – hetsy dit in ons kantore is of by die huis is. Die nadeel van by die huis werk is die groter waarskynlikheid vir kuberaanvalle en hoër risiko vir sekuriteitsrisiko’s. Dis makliker om in die strik van sekuriteitsrisiko’s te trap as daar meer afleidings is en die aanlyn-werksomgewing minder veilig is.

Om ons personeel en studente te beskerm teen sekuriteitsaanvalle in ons huidige omstandighede, sowel as wanneer ons terug is op kampus, is dit nodig om ekstra sekuriteitsmaatreëls in plek te sit. Informasietegnologie ondersoek en toets reeds die afgelope paar maande veelfaktorbekragtiging (MFA) as `n addisionele maatreël om persoonlike inligting en data te beskerm.  Lees meer oor MFA hier  of kyk na  tech-deskundige, Tom Scott, se verduideliking.

In kort beteken dit dat jy wanneer jy vir sekere dienste aanteken, jy gevra sal word om addisionele inligting te verskaf om jou identiteit as Universiteit Stellenbosch personeellid of student te bevestig.

Teen middel-Augustus sal daar van alle personeel en studente verwag word om veelfaktor-bekragtiging te gebruik  om hulle inligting en die universiteit se netwerk te beskerm. Alhoewel MFA nog nie verpligtend is nie, kan jy reeds registreer deur die volgende stappe*  te volg.

Indien jy enige vrae het, kyk asb. na ons FAQ-dokument en as jou vraag nog nie beantwoord word nie, teken asb. jou versoek aan op die ICT Partner Portal waarna ʼn tegnikus jou sal kontak. 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.