Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Microsoft skakel oor na veiliger enkripsie

Microsoft het onlangs aangekondig dat hulle nie meer TLS 1.0 en 1.1 in Office365 gaan gebruik nie. Alle aanlyndienste word geskuif na Transport Layer Security (TLS) 1.2+ om die beste inkripsie te verskaf en ook te verseker dat die diens by verstek veiliger is.  

“We temporarily halted deprecation enforcement of TLS 1.0 and 1.1 for commercial customers due to Covid-19, but as supply chains have adjusted and certain countries open back up, we are resetting the TLS enforcement to start Oct 15, 2020 het Microsoft gesê.

Ja, maar wat beteken dit?

In kort – Microsoft skakel oor na veiliger sekuriteit en gevolglik sal ouer bedryfstelsels nie meer effektief funksioneer nie. By Universiteit Stellenbosch beteken dit dat, sodra dit in werking gestel word, alle verbinding na Office 365 wat die TLS 1.0 en TLS 1.1 protokolle gebruik, nie meer sal werk nie. Dit sluit in:

  • Android 4.3 en vroeër weergawes
  • Firefox weergawe 5.0 en vroeër weergawes
  • Internet Explorer 8-10 op Windows 7 en vroeër weergawes
  • Internet Explorer 10 op Windows Phone 8
  • Safari 6.0.4/OS X10.8.4 en vroeër weergawes

Goed, maar wat moet ek doen?

Dit is belangrik dat jy die sagteware wat bo genoem word opdateer of vervang, sowel as die toestelle wat staatmaak op TLS 1.0 en 1.1 om te verbind aan Office 365.

  • Windows-toestelle
    Maak seker dat alle Windows en Office opdaterings installeer is. Ons beveel Windows 10 v1909 en Office 365 aan.
    Indien jy enige ander weergawes buiten Windows 10 en Office 365 gebruik, teken asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal  sodat ons kan bepaal hoe jou toestel volgens ons aanbevelings opgradeer kan word.
  • macOS-toestelle
    Maak seker dat alle stelselopdaterings en Office-opdaterings installeer is. Ons beveel macOS Mojave en nuwe aan, sowel as Office 365. 
    Indien jy `n macOS-toestel of ouer Office-pakket gebruik as wat ons aanbeveel, teken asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal  sodat ons kan bepaal hoe jou toestel volgens ons aanbevelings opgradeer kan word.
  • Android en  iOS-toestelle
    Gebruik die nuutste, beskikbare opdatering vir die toestel soos gespesifiseer deur die vervaardiger.
    Ons beveel ook aan dat jy die Outlook-toepassing gebruik  om e-pos op jou toestel te lees aangesien dit die veiligste toepassing is om e-posse te kry.

Indien jou toestel nie aan die vereistes voldoen om die bedryfstelsel en sagteware op te gradeer nie, beveel ons aan dat jy `n nuwe, versoenbare toestel aankoop sodoende steeds hierdie dienste te kan gebruik. Indien jy steeds onseker is oor wat jou te doen staan, teken asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal en ons sal jou help.

[ARTIKEL DEUR BRADLEY VAN DER VENTER]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.