Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Onthou om te registreer vir MFA

Verlede maand het ons jou vertel van die beplande implementering van MFA (Veelfaktor-bekragtiging). Dankie aan die 28 671 personeel en studente wat reeds registreer het vir die gebruik van MFA. 

Indien jy steeds onseker is oor hoe MFA werk, hier is meer inligting.

Alhoewel ons nog nie MFA aktiveer het nie, sal daar van alle personeel en studente verwag word om veelfaktor-bekragtiging te gebruik vir enige van die Microsoft 365-toepassings (Outlook, Sharepoint Online, OneDrive for Business, ens.) sodoende hulle inligting en die universiteit se netwerk te beskerm. Indien jy nog nie registreer het nie, beveel ons aan dat jy dit so gou moontlik doen deur die volgende stappe te volg.

Indien jy enige vrae het, kyk asb. na ons FAQ-dokument en as jou vraag nog nie beantwoord word nie, teken asb. jou versoek aan op die ICT Partner Portal waarna ʼn tegnikus jou sal kontak. Jy is ook welkom om vrae vir ons te stuur na help@sun.ac.za en ons sal dit byvoeg by die FAQs. 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.