Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Uitsonderlike steun deur IT-personeel

Namate ons die einde van ʼn onstuimige jaar nader, gekenmerk deur ʼn wêreldwye pandemie en kwynende ekonomie, kyk ons dankbaar en trots terug na wat ons bereik en voorkom het. Terwyl etlike besighede gesluit het of aansienlike verliese gely het,  is die Universiteit ook gekonfronteer deur ons eie swakplekke en blootstelling aan besigheidsontwrigting. Die feit dat die US nie net sy normale bedryf kon handhaaf en voortsit nie, maar selfs die strategie vir digitalisering kon versnel, weerspieël die uitsonderlike diens van die Universiteit se IT-personeel. Niemand kon dié jaar se gebeure voorsien nie. Ons reaksie was voortreflik en suksesvol.

Die volgende IT-verwante ingrypings kan uitgelig word vir hulle beduidende bydrae tot besigheidskontinuïteit en ondersteuning van algemene produktiwiteit:

  • Onmiddellike aksie deur IT-bestuur in Maart om die noodsaaklike inisiatiewe in plek te sit vir die opgradering en stabilisering van die IT-infrastruktuur om sodoende die verhoogde werkslading en datavloei te kan ondersteun;
  • Samewerking oor funksionele grense heen om nuwe dienste te verskaf, byvoorbeeld die verskaffing van skootrekenaars aan studente, sowel as databondels aan kwalifiserende studente;
  • Aanpassings aan administratiewe inligtingstelsels om bestuursbesluite oor operasionele uitdagings te implementeer;
  • Inisiatiewe om nuwe ondersteuningstrukture te vorm wat personeel en studente wat tuis werk te ondersteun;
  • Aanpasbaarheid en buigsaamheid om voort te gaan met groot projekte en die aflewering daarvan volgens institusionele vereistes, sonder om die pandemie as ʼn verskoning te gebruik;
  • Laastens, die algemene bereidwilligheid om opofferings te maak, saam te werk en aan te pas by nuwe protokolle en werkwyses. 

Aan al ons vennote en kollegas in IT en ander funksies van die Universiteit spreek ons ons opregte dank uit vir wat ons saam bereik het. Ons is tans in ʼn veel beter posisie om te beplan vir bekende en onbekende uitdagings op ons pad na ʼn digitale samelewing en Universiteit. Hoe vinnig ons dit gaan bereik hang grotendeels af van hierdie goeie begin, ons uithouvermoë, die behoud van kwaliteit-standaarde en fokus.

Beste wense vir die jaarlikse feestyd, en ek hoop dat almal ʼn ruskansie sal geniet en voorberei vir ʼn nuwe uitdagende jaar.

Attie Juyn
Senior Direkteur: Informasietegnologie

25 November 2020

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.