Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

FortiClient VPN vervang met Citrix

Heelwat personeel gebruik reeds vir `n geruime tyd die FortiClient VPN om toegang te kry tot die Universiteit se interne dienste, byvoorbeeld TeraTerm. FortiClient is egter gebou op ou tegnologie en sal vanaf einde Januarie 2021 nie meer beskikbaar wees nie. Indien jy `n Windows-gebruiker is beveel ons aan dat jy so gou moontlik FortiClient met Citrix Gateway vervang. Tans is daar nog nie ondersteuning vir alle Linux-weergawes  nie, maar ons ondersoek moontlike oplossings.

Informasietegnologie het die nuwe diens beskikbaar gemaak vir personeel en studente. Citrix Gateway sal jou toegang gee tot interne, Universiteitsgebaseerde toepassings via die Internet. Hierdie diens, sowel as die Universiteit, word sodoende beskerm deur veelfaktorbekragtiging vir die verifikasie van identiteit en vereis ook dat `n toestel moet voldoen aan spesifieke vereistes voordat dit op die US-netwerk toegelaat word.

Studente en permanente personeel kan migreer na die Citrix VPN-diens deur via hulle webblaaier te gaan na https://securevpn.sun.ac.za en die instruksies te volg.

SunID-gebruikers kan migreer na die SU VPN MSP-diens deur via hulle webblaaier te gaan na https://suvpnmsp.sun.ac.za en die instruksies te volg.

Alternatiewelik kan jy `n versoek aanteken om hulp aan te vra met die opstelling van VPN op die ICT Partner Portal

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.