Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Geskiedenis van malware, Trojaanse virusse en wurms (Deel 1)

Ons waarsku jou gedurig teen phishing, virusse en ander nare sagteware wat ʼn gevaar is vir jou rekenaar en jou data. Kom ons kyk vir ʼn slag na die geskiedenis van hierdie verskynsels. Waar kom hulle vandaan? Hoe lank verpes hulle al ons lewens? Is dit ʼn onlangse verskynsel?

Tog nie. Virusse bestaan al vir meer as 50 jaar. 

1949 Self-kopieërende “sellulêre outomate”
John von Neumann, die vader van kubernetika, publiseer ʼn verhandeling wat beweer dat ʼn rekenaarprogram  homself kan kopieer.

1959 Core Wars
H Douglas McIlroy, Victor Vysottsky, en Robert P Morris van Bell Labs ontwikkel ʼn rekenaarprogram genaamd Core Wars, waar programme, wat organismes genoem word, kompeteer vir rekenaarverwerkingstyd.

1960 Rabbit programme
Programmeerders begin plekhouers skryf vir hoofraamrekenaars. As geen take wag nie, het hierdie programme ʼn kopie van hulself by die einde van die ry gelas. Hulle is rabbits genoem omdat hulle vermeerder het en die stelselhulpbronne opgebruik het. 

1971 Die eerste wurm
Bob Thomas, ʼn ontwikkelaar by  die voorganger van die Internet, ARPANET, skryf Creeper, ʼn program wat aangestuur word van rekenaar tot rekenaar en wat ʼn boodskap vertoon. 

1975 Kode wat reproduseer
A K Dewdney skryf Pervade as ʼn sub-roetine vir ʼn speletjie wat op rekenaars loop met die UNIVAC 1100 stelsel. Wanneer enige speler die speletjie speel, kopieer dit stilweg sy nuutste weergawe binne-in elke beskikbare lêergids, insluitende gedeelte gidse. Gevolglik versprei dit regoor die hele netwerk.

1978 Die Vampierwurm
John Shoch en Jon Hupp by Xerox PARC het begin eksperimenteer met wurms wat ontwerp is om te help met take. Die Vampierwurm het bedags geluier, maar snags het dit take toegeken aan rekenaars wat minder gebruik is.

1981 Apple virus
Joe Dellinger, ʼn student by die Texas A&M Universiteit, pas die bedryfstelsel op Apple II diskette aan sodat dit sal optree asof dit ʼn virus het. As die virus onbeplande newe-effekte gehad het, is dit nooit vrygestel nie, maar addisionele weergawes is geskryf en toegelaat om te versprei. 

1982 Apple virus met newe-effekte
Rich Skrenta, ʼn 15-jarige, skryf Elk Cloner vir die Apple II bedryfstelsel. Elk Cloner het geloop wanneer ʼn rekenaar aangesit is deur middel van ʼn besmette floppie. Dit het ʼn boodskap vertoon elke 50 keer wanneer die rekenaar aangesit is.

1985 E-pos Trojaan
Die EGABTR Trojaanse virus is versprei deur middel van posbusse deur voor te gee dat dit ʼn program is wat die grafiese beeld verbeter. Wanneer dit egter loop, vee dit alle lêers op die hardeskyf uit en vertoon ʼn boodskap.

Neem kennis dat bostaande inligting ʼn uittreksel is uit die Sophos Threatsaurus, saamgestel deur Sophos, ʼn sekuriteit-sagteware en -hardeware maatskappy.

Tags: , ,

2 Responses to “Geskiedenis van malware, Trojaanse virusse en wurms (Deel 1)”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Cecille. Happy to hear you found it useful! And thank you for the feedback;)

  2. Cecille says:

    Hi I found this very fascinating. Thanks for the knowledge share :)

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.