Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT BESTUUR

 

VAKANT (Kontak Joe Smit)

Hoofdirekteur: Informasietegnologie
Oorkoepelend verantwoordelik vir die effektiewe aanwending van alle informasietegnologie en –stelsels, ter ondersteuning van onderrig en leer, navorsing, gemeenskapsinteraksie en bestuurs aktiwiteite van die universiteit.

 

VAKANT (Kontak Dr Zenobia Davidse)

Direkteur: Akademiese IT
Verantwoordelik vir die bedryf en instandhouding van sentrale inligtingstelsels en -programmatuur wat die universiteit se kern akademiese prosesse van leer en onderrig en navorsing; administrasie en bestuur; en gemeenskapsinteraksie ondersteun. Die rol behels ook die uitbouing en instandhouding van verhoudings met institusionele proses- en stelseleienaars.

 

JOE SMIT

Direkteur: IT Infrastruktuur
Verantwoordelik vir die verskaffing van die infrastruktuur en platforms wat benodig word om IKT dienste aan die Universiteit te lewer. Hierdie dienste is hoofsaaklik agtergrond-dienste soos virtuele berekening, datarugsteuning, telefoondienste, kaartstelsels en sekuriteitskameras. 

 

VAKANT (Kontak Marc-Allen Johnson)

Direkteur: IT Institusionele programmatuur-oplossings
Verantwoordelik vir die bou, onderhoud en ondersteuning van innoverende en volhoubare institusionele programmatuur-oplossings wat tydig en langdurig aan die Universiteit se behoeftes voldoen.

 

Dr ZENOBIA DAVIDSE

Direkteur: IT Algemene Ondersteuningsdienste
Bestuur aspekte van die IT Algemene Ondersteuningsdienste Afdeling, bestaande uit die volgende funksies:

IT Argitektuurbestuur; IT Projekbestuurkantoor; IT Ondersteuningsdienste (Dienstoonbank en Gebruikersondersteuning); IT Sekuriteit- en Risikobestuur; Koördineer IT Beleid- en en regulasie onderhoud; IT Oudit- en Risiko koördinering.

Die verantwoordelikhede, soos gelys hierbo, verskaf `n stel breë dienste om ander IT-altiwiteite en prosesse, binne die wyer konteks van IKT-funksies by die Universiteit, by te staan, koördineer en ondersteun, sowel as kliëntediens.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.