Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Toepassings

Microsoft 365 vs. Office 365: Wat is die verskil?

Dinsdag, Junie 4th, 2019

Microsoft 365 vs. Office 365: Wat is die verskil?

Konsekwentheid van produkname is belangrik as jy nie jou kliënte wil verwar nie, maar as jy veelvuldige produkte met verskeie weergawes het, kan dinge begin deurmekaar raak. Ja, Microsoft, ons kyk na jou…

Microsoft het Microsoft 365, ’n groep bestaande produkte, onder een lisensie bekendgestel. Die naam is soortgelyk aan die reeds bestaande Office 365 (en die onlangse naamverandering van Dynamics 365). Heelwat mense het in der waarheid alreeds Office 365 eerder Microsoft 365 begin noem.

So dis maklik om te sien hoe hierdie twee produkte verwar kan word met mekaar. Dit raak selfs meer verwarrend as jy besef dat Microsoft 365 ook Office 365 insluit.

Kom ons kyk na die verskille:

Die kort weergawe

Office 365 is ’n wolkgebaseerde stel produktiwiteitstoepassings soos Outlook, Word, PowerPoint, ens. Microsoft 365 is ’n groep dienste wat Office 365 insluit, sowel as etlike ander dienste, insluitende Windows 10 Enterprise.

Die lang weergawe

Office 365

Office 365 is ’n wolkgebaseerde stel toepassings en dienste gebou rondom produktiwiteit in besigheid. Dit sluit toepassings in wat jy waarskynlik reeds ken, soos Microsoft Outlook, Word, PowerPoint, Excel, Skype for Business, SharePoint, OneDrive en Teams, sowel as ander kragtige produktiwiteit-, saamwerk- en sekuriteitseienskappe.

Microsoft 365

Microsoft 365 is ’n groep dienste wat Office 365 insluit. Dit sluit ook Windows 10 Enterprise, Enterprise Mobility + Security (EMS) en masjienleer in. Soos die naam aandui is dit meer gerig op groter organisasies wat ’n enkele, veilige platform benodig waar daar gedeel en saamgewerk moet word. Dit sluit sterk data-eienskappe bo en behalwe Windows 10 Pro en Office 365.

Wat is ingesluit by Microsoft 365 in vergelyking met Office 365?

Beide produkte het die vermoeë om volledig geïnstalleerde Office-toepassings op fone, tablette en PCs te loop, sowel as die webblaaier weergawes. Jy kry 1TB persoonlike stoorplek vir jou lêers, besigheid e-posse en kalenders. Jy het ook toegang tot Skype for Business vir kitsboodskappe en video-oproepe, sowel as Microsoft Teams en nuwe hulpmiddels soos Delve en Planner.

Die verskil kom in by die bestuur van toestelle. Anders as Office 365, kom Microsoft 365 met ’n enkele konsole waar gebruikers en toestelle bestuur kan word. Jy kan ook outomaties Office-toepassings uitrol na Windows 10 PCs.

Office 365 het geen sekuriteitshulpmiddele nie. Die alternatief het die vermoeë om data te beskerm oor verskeie toestelle en ook veilige toegang. Jy kan ook Windows 10 toestelle beskerm teen risiko’s soos malware deur middel van Windows Defender.

[ARTIKEL DEUR MANDY WANZA]

Eksamentoepassing ʼn reuse sukses

Donderdag, Augustus 30th, 2018

Tot onlangs was toegang tot eksamenlokale vir studente `n tydrowende handaksie wat uitvoer is deur inligting op toegangslyste na te gaan en af te merk. Nuwe tegnologie, ontwikkel deur Informasietegnologie, in samewerking met die Eksamenkantoor in die Registrateursafdeling, het dit egter verander. 

Die nuwe ontwikkeling gebruik selfone by elke eksamenlokaal om te identifiseer of studente toegang behoort te kry. `n Student se studentekaart word teen die agterkant van die foon gehou, waarna daar op die skerm vertoon word of die student veronderstel is om die eksamen van die spesifieke module in die spesifieke lokaal moet skryf. Die skerm sal `n groen regmerk wys as die student by die regte eksamenlokaal is (sien grafika regs) en `n rooi kruis wanneer hy/sy nie is nie. Indien die student by die verkeerde lokaal is, sal die skerm ook aandui waar die student wel moet wees vir die eksamen.

Te danke aan dié nuwe proses sal toegang tot eksamenlokale makliker en vinniger hanteer word. Die makliker skanderingsproses is moontlik as gevolg van die NFC (near-field communications) skyfie op Android-fone wat kommunikeer met die ingeboude MIFARE-skyfie in die studentekaart. Die identifikasie-inligting word dan deur die foontoepassing gebruik om die student se eksamenlokaal op te soek. Die eksamenlokaal en module-informasie word onttrek vanaf die Studente Inligtingstelsel. 

Toetse is eers op `n klein skaal verlede jaar gedurende die November eksamen uitgevoer en die tegnologie is vir die eerste keer volledig implementeer gedurende die Junie eksamen die jaar. Dit was `n reuse sukses.

Emce Louw, Hoof van die Eksamenkantoor, het die impak van die nuwe tegnologie eerstehands beleef. Sy was betrokke by die laai van die selfone, data-opstelling, oplei van die konvenors wat die skandeerwerk by die lokale moes doen en was ook verantwoordelik vir die insameling van die fone na afloop van die eksamens. Terugvoer vanaf studente en toesighouers was ewe positief:

 

 

 

Scan van studentekaarte is fantasties! Ek het gister 4de jaar Megatronika studente gehad. Hulle was vreeslik beïndruk met die scanning!”

Die ontwikkeling en suksesvolle voltooiing van die tegnologie was `n poging oor verskeie spanne met verskeie funksies heen. Hendrik le Roux van Informasietegnologie se Toegangsbeheerafdeling was die projekbestuurder en Guzelle Hendricks was verantwoordelik vir die besigheidanalise van die twee driemaande fases van die projek wat gestrek het van einsw 2017 tot Junie 2018.

Bo en behalwe Hendrik en Guzelle  het die volgende personeel elkeen `n belangrike rol gespeel – Phillip Greeff (TAS), Gregory Isaacs (TAS), Anna-Mari du Toit, Marc-Allen Johnson, Jeremy van Rooyen, Charles Hopkins, wat die toepassing geskryf het, en Elmar Matthee, wat verantwoordelik was vir bedienerontwikkeling. Aan die kant van die funksionele aandeelhouers het, buiten Emce, Neels Fourie (Adjunk-Registrateur), sowel as Jan du Toit en Helene Nieuwoudt (beide van SISO) aan die projek deelgeneem.

 

(English) REDCap launched for researchers

Dinsdag, Julie 31st, 2018

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Protect what you share

Donderdag, Maart 29th, 2018

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Alle Office365-toepassings nou beskikbaar

Maandag, Junie 5th, 2017

Informasietegnologie het vroeër die maand die volledige wolkgebaseerde Office365 pakket vir personeel met aktiewe rolle aktiveer. 

Hierdie dienste sluit in:

– Outlook e-pos
– OneDrive for Business (5TB vir elke personeellid en student)
– SharePoint Online (publieke en spanwebwerwe)
– Aanlyntoegang tot MS Office toepassings (byvoorbeeld Word, Excel, PowerPoint, ens.)
– Vyf aflaaibare Office 2016 weergawes vir persoonlike toestelle (byvoorbeeld skootrekenaars, tablette en slimfone) Let wel, hierdie 5 Office 2016 weergawes mag op geen batenommertoestelle installeer word nie. Dit word slegs toegelaat op persoonlike toestelle.

Wat is Office 365?

Indien jy enige navrae het, laat weet ons asseblief deur `n versoek aan te meld op ServiceNow of ons Dienstoonbank te kontak by 808 4367. Vir meer inligting oor die Office365 pakket, raadpleeg asseblief ons FAQs of kyk na die Office365 opleidingsvideos.

BELANGRIK: Wanneer jy wolkgebaseerde dienste gebruik, is dit krities dat jy jou privaat- en werkgebruikersname, wagwoorde en data apart van mekaar hou. Moet nooit dieselfde gebruikersnaam vir jou privaat en werk eposrekeninge, stoorspasie en toepassings gebruik nie.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.