Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Navorsing

(English) New multi-language feature implemented on REDCap

Dinsdag, Februarie 1st, 2022

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Avontuurspeletjie vir Navorsingsdatabestuur bekendgestel

Dinsdag, Mei 4th, 2021

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie aan.

Die NDB speletjie is ‘n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens ‘n navorsingsprojek ondervind word. Dit is ‘n aanlyn speletjie waar spelers hul eie avontuur kies deur ‘n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.

Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat Khan (Universiteit van Bath) en Samuel Simango (Universiteit Stellenbosch) ontwikkel. In Januarie 2021 het die adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket, Wellcome Open Research early career researchers pack, in te sluit wat dit dus as ‘n nuttige hulpmiddel vir navorsers erken. Sonya Towers (Toekenningsadviseur van die Wellcome Trust) het die volgende gestel:

“Die speletjie is ‘n wonderlike, prettige manier om navorsers te leer om hul navorsingsdata te bestuur binne die navorsingstoekennings siklus. Ek hou van die feit dat dit voel asof jy deel is van ‘n opwindende storie, waar elke besluit soos ‘n rat is wat bepaal hoe die storie eindig.”

Sedert die bekendstelling van die speletjie in Desember 2020 is dit reeds deur mense vanuit 32 lande gespeel. Die speletjie is ook onlangs op die kortlys van nominasies vir die NSTF-South32 Toekennings geplaas vir ‘n prys binne die “data vir navorsing” kategorie.

Klik hier om die speletjie te speel. Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by ssimango@sun.ac.za.

 

 

Atlas ti kampuslisensie nou beskikbaar

Maandag, Mei 3rd, 2021

Ons is bly om aan te kondig dat ons nou `n Atlas.ti kampuslisensie beskikbaar het vir personeel en studente.

Wat is ATLAS.ti?

ATLAS.ti is `n kragtige werksbank vir die kwalitatiewe analise van groot hoeveelhede grafiese, teks-, oudio- of videodata. 

Met behulp van gesofistikeerde bybehore kan jy jou materiaal op kreatiewe, tog sistematiese wyses rangskik, bymekaarsit en bestuur. ATLAS.ti hou jou gefokus op alleenlik die materiaal waarmee jy werk.  Hetsy jou spesialisveld antropologie; kriminologie of medisyne is ATLAS.ti kan aan jou kwalitatiewe behoeftes voldoen. 

Om ATLAS.ti te benut in jou navorsing, besoek die Navorsingsblog

Vir meer inligting, kyk ook na hierdie YouTube video.

Die ATLAS-lisensie is beskikbaar vir studente en personeel op www.sun.ac.za/softwarehub.
Gebruikers moet eers hulle eie rekening skep op die ATLAS.ti webwerf en die uitnodigingskode gebruik om die lisensie af te laai.

*Neem kennis: gebruikers moet asseblief met hulle @sun e-posadres en nie `n eksterne e-pos adres registreer nie sodat die lisensies bestuur kan word.  

(English) Bespoke Research ICT Service Desk launched

Maandag, Mei 3rd, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

OneDrive for Business

Maandag, Junie 22nd, 2020

Wat is OneDrive for Business?

OneDrive for Business is Microsoft se lêer-bergingsdiens wat jou toelaat om werk-lêers te stoor, deel met kollegas en sinkroniseer. Dit voldoen aan internasionaal erkende inligting-sekuriteitstandaarde, maar dit bly steeds jou verantwoordelik om dit veilig en verantwoordelik te gebruik.  

Hoekom OneDrive for Business?

  • Dit verskaf 5TB wolk-stoorspasie aan elke personeellid en student. Dit beteken dat jy oorgenoeg spasie het om jou dokumente te stoor.
  • Jou data sal beskikbaar wees vanaf enige plek, enige tyd en met enige toestel wat aan die internet verbind is. 
  • Jou dokumente sal gerugsteun en veilig wees indien jy probleme ondervind met jou apparatuur of indien dit verlore raak of gesteel word. 

Hoe kry ek toegang tot OneDrive for Business?

Alle personeel het reeds outomaties toegang tot OneDrive en toegang kan gekry word op die volgende wyses:

  • OneDrive desktop-toepassing

Indien jy nie toegang het tot die OneDrive for Business-toepassing nie, kan jy dit hier aflaai: https://microsoft.com/en-za/microsoft-365/onedrive/download.

  • Web-koppelvlak

Teken aan by Office365 met jou e-posadres en wagwoord.

  • OneDrive is ook toeganklik via die my.sun portal deur te kliek op die Office365-skakel of te soek vir Office365 in die soek-veld.

Wat as ek OneDrive personal, Dropbox of ander wolkopsies gebruik? 

Jy kan aanhou om dit te gebruik, maar dis baie belangrik dat jy hierdie opsies slegs vir persoonlike data gebruik.

OneDrive for Business en SharePoint online is beskikbaar onder die US Microsoft lisensieooreenkoms vir stoor en deel van institusionele data. Stoor en deel van institusionele data word nie toegelaat op Dropbox, OneDrive personal of enige ander wolk-stoorspasie nie. 

BELANGRIK:

  • Raak vertroud met kopiereg-regulasies. Maak seker jy weet wat jy aanlyn mag stoor en deel. US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente wat beskerm word onder kopiereg op OneDrive for business, SharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.
  • Jy is ten volle verantwoordelik vir jou inligting.  Wees versigtig vir wie jy regte en toegang gee, aangesien dit jou inligting blootstel indien dit sigbaar is vir die verkeerde persone.
  • Jy is verantwoordelik vir die sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data. Sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data moet korrek opgestel word en gereeld gedoen word. 
  • Terwyl jy op kampus is, sal die gebruik van wolkdienste niks kos nie, maar as jy weg van kampus is word jou eie datakostes gebruik. 
  • Indien `n personeellid bedank of `n student die universiteit verlaat, sal hulle nie meer toegang hê tot die inligting wat op hulle OneDrive-spasie gestoor is nie. Verwyder alle data vanaf jou Microsoft One Drive stoorspasie en kopiëer dit op jou eksterne hardeskyf of eerder op aanlyn wolk-stoorspasie, byvoorbeeld Google Drive of Drop Box oordat jy die universiteit verlaat.

Meer inligting:

https://www.agileit.com/news/benefits-of-microsoft-office-365-onedrive-business-collaboration/

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.