Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Navorsing

(English) Fair data management

Woensdag, Oktober 26th, 2016

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Wetenskap in jou agterplaas

Vrydag, Augustus 5th, 2016

frog-1445779__180Almal kan nie ʼn loopbaan in die wetenskappe hê nie, maar niks keer jou om deel te wees van navorsingsprojekte en ʼn bydrae tot belangrike navorsing te maak nie. Te danke aan tegnologie kan enigiemand nou ʼn wetenskaplike wees.

Burgerlike wetenskap, ook genoem massawetenskap, massa-gewerfde wetenskap, siviele wetenskap, vrywillige monitering of netwerk-wetenskap, is wetenskaplike navorsing wat uitgevoer word deur ʼn amateur of nie-professionele wetenskaplike. (www.wikipedia.org)

Joseph M. Hulbert noem in sy artikel, Citizen science tools available for ecological research in South Africa, dat gewone landsburgers, sonder enige ervaring, kan deelneem aan navorsing met behulp van hul eie rekenaars, in hul eie tuine of in die buitewêreld. Daar is vele geleenthede en projekte in Suid-Afrika vir amateur-wetenskaplikes – van die monitering van voël-migrasiepatrone tot die identifikasie en kartering van swamme. 

Amateur-sterrekkunde is een van die mees algemene vakgebiede waar nie-professionele wetenskap beoefen word. Ander sluit skoenlappertellings, voëlkunde, oseanografie en selfs kunsgeskiedenis in. Projekte in Suid-Afrika sluit die Stream Assessment Scoring System (miniSASS) in en by die Universiteit van Pretoria help die publiek navorsers om Phytophthora (plantvernietigende elemente) in Fynbos op te spoor en sodoende plantsiektes spesifiek tot Fynbos, te ondersoek. Lees hier meer oor die projek.

Die Universiteit van Kaapstad se Diere-demografie Eenheid (ADU) is verantwoordelik vir talle plaaslike gemeenskapswetenskapsprojekte. Die eenheid het reeds verskeie virtuele museums geskep, insluitende die MammalMAP webwerf waar jy fotos kan laai op die groeiende databasis van verspreiding en gewoontes van soogdiere in Suid-Afrika. As soogdiere jou nie interesseer nie, is daar enigiets van paddas en skoenlappers tot seesterre en seekastaiings in hierdie virtuele museums.

Joseph M. Hulbert verwys na twee ander plaaslike projekte, OrchidMap en Aliens of the Cape Peninsula. OrchidMap word sedert September 2014 op die Universiteit van Kaapstad se virtuele museum gehuisves. Lede van die publiek kan fotos en ligging van plante op die databasis, met bykans 3000 orgideë rekords met geo-etikette, laai. Aliens of the Cape Peninsula se doel is weer om om nuwe indringerplante en waar hulle versprei op die Kaapse Skiereiland, op te spoor.

Indien jy ʼn wetenskaplike in jou gemeenskap wil wees, hier is ʼn paar hulpmiddele om jou aan die gang te kry: 

Ispot,  ʼn South African National Biodiversity Institute (SANBI) inisiatief, is in Junie 2012 begin. Feitlik 400 000 internasionale observasies van 30 000 verskillende spesies is teen middel-2014 aangeteken. 

WhatSpecies is die breinkind van ʼn ouer wat haar kinders wou help om plante en insekte te identifiseer. Die webwerf se uitleg is gevolglik gebruikersvriendelik en toeganklik vir ʼn jonger leser en poog om, deur middel van sosiale media platforms, jongmense te betrek.

Soos vroeër genoem, word Virtual Museum bestuur deur die ADU by UK. Daar is reeds 17 verskillende projekte op die platform waarby die publiek by betrokke kan raak.

Die Cape Town Citizen webwerf  is ook propvol informasie en instruksies vir aspirerende wetenskaplikes. Kyk gerus ook The SciShow se video oor gemeenskapswetenskap op YouTube.

Hulp vir databestuurplanne

Vrydag, Augustus 5th, 2016

matrixBefondsers van navorsing vereis toenemend dat databestuurplanne ingesluit word in aansoeke om befondsing of subsidies. ‘n Databestuurplan (DBP) is ‘n formele dokument wat omskryf hoe ‘n navorser sy/haar data sal bestuur tydens en na afloop van ‘n navorsingsprojek.

Alhoewel vereistes mag wissel van befondser tot befondser, bestaan ‘n databestuurplan gewoonlik uit ‘n beskrywing van die data wat ingesamel of gegenereer gaan word; die metodologieë of standaarde rakende data insameling en bestuur; data sekuriteit, vertroulikheid, oorweginge rakende etiek en intellektuele eiendomsreg, asook planne en strategieë vir toegang tot en deel van die data en die langtermyn-bewaring daarvan.

Verskeie hulpmiddele, o.a. die DMPTool van die University of California Curation Center en die DMPonline van die Digital Curation Centre, is ontwikkel en aanlyn beskikbaar gestel om navorsers te help om databestuursplanne te ontwikkel.

Hierdie web-gebaseerde hulpmiddele gee toegang tot verskeie DBP template; riglyne van spesifieke befondsers wat databestuursplanne vereis; en die funksionaliteit om planne in verskeie formate te genereer. Persone van enige instelling kan gratis registreer om hierdie hulpmiddele te gebruik.

[BRONNE: https://github.com/CDLUC3/dmptool/wiki/FAQ#q-what-is-a-data-management-plan-dmp; (https://www.ukdataservice.ac.uk/manage-data/plan/dmp-esrc; and http://www.slideshare.net/sjDCC/supportingdmps]

[Article by Rabelani Mutondwa]

Is jy `n aspirant wetenskaplike?

Woensdag, Mei 25th, 2016

sciencejournal

sciencejournalGoogle het onlangs ʼn toepassing vrygestel wat jou innerlike wetenskaplike sal aanwakker. Science Journal meet en neem intyds data op deur middel ingeboude sensors in Android-fone.

Met die Science Journal-toepassing kan jy data insamel vanuit jou omgewing. Die toepassing gebruik die foonsensors om lig en klank, te meet, sodat jy die data grafies kan voorstel, eksperimente kan opneem en vrae en idees kan opneem.

As jou doel is om die wêreld oor te neem soos ʼn wafferse, bose wetenskaplike, is hierdie dalk nie heeltemal vir jou nie. Dis wel gepas vir in plaas van klein eksperimentjies vir jou eie vermaak.

Die hoofdoel van Google se nuwe projek is om kinders opgewonde oor en betrokke by wetenskap te kry. Moet egter nie dink volwassenes kan dit nie geniet nie; hulle kan net so lekker weteskaplike speel. 

Science Journal is deel van Google se groter inisiatief, The Making & Science Initiative. Dit glo dat enigiemand ʼn wetenskaplike kan wees as hy net die alledaagse dophou, probeer verstaan hoe dit werk en projekte skep wat dalk ʼn impak op die wêreld kan maak.

Met Science Journal kan jy ook ʼn digitale joernaal hou en notas maak van jou eksperimente – net vir ingeval jy `n wetenskaplike deurbraak maak en vergeet het wat jy gedoen het.

Die toepassing is gratis beskikbaar op die Google Play-winkel en jy het ʼn slimfoon met Android 4.4 KitKat nodig om die 14MB toepassing te installeer.

Lees ook meer oor Google se ander projekte, onder andere ʼn modulêre selfoon en slim klere.

 

E-handboek loodsprojek

Woensdag, Februarie 17th, 2016

1408767_flying_books_2Die e-handboek loodsprojek is ʼn gesamentlike poging tussen Informasietegnologie en die Regsfakulteit. Die projek beoog om aan eerstejaarstudente in een of meer van hulle modules e-handboeke as ʼn opsie te bied. Dit sal ook uitgebrei word na die nagraadse programme by die Openbare- en Ontwikkelingsbestuur by SPL.

Deur middel van die bekendstelling van e-handboeke sal ons die sterk- en swakpunte van e-leser tegnologieë asook die bruikbaarheid van die tegnologie in die klaskamer kan bepaal.

Studente benodig buigsame meganismes om toegang tot hul akademiese hulpbronne leerstelsels, biblioteekbronne en enige ander inligtingsbronne op en af van kampus te hê. Die doelwitte vir die e-handboek loodsprojek saam met die Regsfakulteit en Skool vir Openbare Bestuur is:

  • Ondersoek die huidige sterk- en swakpunte van e-leser tegnologie. 
  • Om vas te stel wat die bruikbaarheid van hierdie tegnologie in die klaskamer is.
  • Verminder die hoe koste van tradisionele handboeke en verbeter die estetiese kwaliteit van e-handboeke.
  • Evalueer die beskikbaarheid van die e-handboek hulpbron op meer as een toestel.
  • Verhoog die gebruik van die verlangde e-handboeke deur middel van institusionele aankope.

Die motivering vir die e-handboek loodsprojek sluit die elektroniese aflewering van kursusmateriaal as ʼn moontlike vervanging van gedrukte, tradisionele handboeke in, die inbruikneming van e-leser tegnologie as deel van die kurrikulum hernuwing en om die tegnologiese verwagtinge van die kennis-ekonomie te vervul.

Is jy betrokke by enige e-boek inisiatiewe op kampus. Deel jou storie met ons deur e-pos te stuur aan bits.bytes@sun.ac.za.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.